Daar is 65 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig - October 16, 2021

Die Namibiese ministerie van Gesondheid het bekendgemaak dat daar 65 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig is. Windhoek en Eenhana het 12 elk, Gobabis 10, Oshakati 7, en Outapi en Oshikuku 5 elk. Die res kom landwyd voor Daar is op die oomblik steeds 907 aktiewe gevalle, met 123 847 wat reeds herstel het […]

Read More

Afrika tweekampkampioenskappe word in Windhoek aangebied - October 16, 2021

Die Namibiese Driekampfederasie bied vandag en môre die Afrika tweekampkampioenskappe in die hoofstad aan. Vir meer besonderhede sluit ons aan by Roual Spangenberg die president van die Namibiese Driekampfederasie.

Read More

90 ratelslange in huis gekry - October 16, 2021

‘n Amerikaanse slang-redder het meer as 90 ratelslange onder die huis van ‘n vrou in Santa Rosa, Noord-Kalifornië, verwyder. Tot soveel as 22 volwasse ratelslange en 59 baba-slange is eers onder die huis uitgehaal. Al Wolf het vir ‘n tweede en derde keer na die huis teruggekeer en nog elf slange uitgehaal. Hy het ook […]

Read More

Die Hardap-streek bo-aan die lys van ingeënte mense - October 16, 2021

Volgens statistieke van die Namibiese gesondheidsministerie is die Hardap-streek bo-aan die lys van ingeënte mense en die Zambezi-streek onderaan. Dertig persent van Hardap-inwoners is al ingeënt met slegs vyf persent inwoners van die Zambezi-streek wat hul inentings ontvang het. Die Kavango-Oos-streek is tweede laaste op die lys met slegs 5,7 persent wat ingeënt is. Die […]

Read More

Rugby afrigtingsprogram op die Vodacom-Bulls-app - October 16, 2021

Die Vodacom Bulls het ‘n groot digitale poging aangepak om sowel rugbyafrigters as jong spelers te bemagtig deur die reeds suksesvolle afrigtingsprogram vir Bulletjie Rugby te ontwikkel in ‘n gratis aanlynreeks met Vodacom Bulls, direkteur van Rugby Jake White, en sy afrigtingspan. Die Jake White Kickstart-reeks, genaamd ‘Jake’s Kickstart’, is ‘n prettige inleiding tot die […]

Read More

Virgin Atlantic begin weer volgende maand met vlugte na Kaapstad - October 16, 2021

Virgin Atlantic sal middel November terugkeer na sy Kaapstad-roete. Die lugdiens het beplan om die direkte diens in Januarie te hervat, maar ‘n toename in vraag nadat Suid-Afrika van die rooi lys van die Verenigde Koninkryk verwyder is, het daartoe gelei dat dit vroeër teruggekeer het. Business Insider berig kort nadat Suid-Afrika van die rooi […]

Read More

Daar is nie ‘n tekort aan huurvoertuie in Suid-Afrika nie - October 16, 2021

Die Nasionale Vereniging vir Motorvervaardigers van Suid-Afrika het bewerings ontken dat daar ‘n tekort aan huurvoertuie in die land is. Dit volg na berigte dat dit ‘n uitdaging gaan wees om tydens die Desember-vakansie motors te huur, as gevolg van voorsieningsprobleme. Naamsa sê daar is voldoende voorraad om aan die vraag deur individue, staatsdepartemente en […]

Read More

Interessante navorsing oor plantspesies en bestuiwing - October 16, 2021

Ongeveer 175 000 plantspesies, die helfte van alle blomplante, maak gedeeltelik of algeheel staat op dierebestuiwers ten einde saad te kan produseer en sodoende te kan voortplant. ‘n Afname in bestuiwergetalle kan dus groot ontwrigtings in natuurlike ekosisteme veroorsaak, wat die verlies aan biodiversiteit insluit. Dit is volgens ‘n artikel, wat pas in die vaktydskrif […]

Read More

Jaco Minnaar is die nuwe president van Agri-SA - October 16, 2021

Agri SA se nuwe president is ‘n mielie-, sojaboon- en aartappelboer van Hennenman in die Vrystaat. Jaco Minnaar is reeds jare lank aktief betrokke by Agri SA en het as voorsitter van Graan SA gedien. ‘n Katoen- en groenteboer van die Makahatini-vlakte in KwaZulu-Natal, Phenias Gumede, is tot eerste adjunkpresident verkies. Hy is deel van […]

Read More

Man gevang met 1,2 miljoen-rand se diamente - October 16, 2021

‘n Nege-en-dertigjarige man is op Worcester in die Boland in Suid-Afrika aangekeer in verband met die besit van diamante van 1,2-miljoen-rand. Die polisie het inligting ontvang oor ‘n persoon wat op pad was om ‘n diamanttransaksie met ‘n plaaslike huurmotorbestuurder te beklink. ‘n Polisie-woordvoerder, Joseph Swartbooi, sê beamptes het die man agtervolg en na hulle […]

Read More