
Numsa baklei nou met SAL - November 5, 2021
Die Suid-Afrikaanse vakbond Numsa blyk om baie besig te wees. Die vakbond beoog om die Suid Afrikaanse Lugdiens Tegnies se kennisgewings van diensbeëindiging wat aan werkers uitgereik, is te betwis. Die lugdiens beplan om 75 persent van sy personeel af te lê. Numsa se woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola…
Swakker All Blacks draf môre teen Italië uit - November 5, 2021
Sam Cane sal môremiddag ‘n swakker as gewoonlike Nieu-Seelandse span teen Italië lei. Hulle gaan in Rome probeer om hul onoorwonne rekord teen die Azzurri te behou. Afskoptyd is om drie-uur Suid-Afrikaanse tyd. Richie Mo’unga is terug op losskakel nadat Beauden Barrett verlede naweek sy 100ste wedstryd gespeel het toe die All Blacks vir Wallis […]
Fishrot: mense moet die strate invaar, sê Swartbooi - November 5, 2021
Die Fishrot-saak behoort Namibiërs te verenig en behoort lede van die publiek te mobiliseer om protesoptogte te hou. Dit is die mening van Bernadus Swartbooi, leier van die Landless People’s Movement. Hy sê dat Namibiërs, vanaf Oshakati tot by Noordoewer, moet die strate invaar en eis dat Swapo uittree as gevolg van wat hy as […]
Numsa reël nog ‘n staking - November 5, 2021
Die Suid-Afrikaanse vakbond Numsa het ‘n kennisgewing op die KwaZulu-Natalse Raad op Dobbelary en Wedrenne bedien, om hom in kennis te stel dat sy lede met ‘n staking gaan begin weens ‘n dooiepunt in salarisonderhandelings. Die raad reguleer onder meer die bedrywighede van casino’s, bingo-bedrywighede, ondernemings van beroepswedders, en renbaanoperateurs. Werknemers van die raad het […]
Swapo se presidensiële veldtog is ‘regeringsdoelwitte’ - November 5, 2021
Die meer as 75 miljoen Namibiese dollar wat Fishcor na Swapo oorgedra het, was volgens Mike Nghipunya, wat steeds in die borgaansoek getuig, vir die presidensiële veldtog geoormerk. Hy is aangesê dat dit gelys moet word as regeringsdoelwitte en dit was nie sy taak om te besluit of dit ‘n doelwit was of nie.
N$134m net ‘weg’ by Rundu - November 5, 2021
Rundu se dorpsraad kan nie verantwoording doen vir 134 miljoen Namibiese dollar nie. Die Nasionale Raad se staande komitee op openbare rekenings het sy verhoor op die dorp gehou. Dit volg na verskeie besoeke aan ander dorpe na die ouditeur-generaal se kantoor ‘n nadelige oudit opinie oor die dorpsrade se boeke gegee het. Vir die […]
Denel-ontploffing word steeds ondersoek - November 5, 2021
Ondersoeke duur voort na die brand verlede week by die magasyn van die wapenvervaardiger Denel se Rheinmetall-munisie-aanleg by Somerset-Wes in die buurland. Die bestuurshoof van die aanleg, Jan-Patrick Helmsen, sê die polisie en die Departement van Arbeid het die perseel besoek, maar geen bevindings is tot dusver gemaak nie. Helmsen sê hoewel hulle nie weet […]
Wrede plaasvaanval op vrou, 84, in Pta - November 5, 2021
Drie verdagtes is in aanhouding in verband met ‘n plaasaanval, roof en diefstal van ‘n motorvoertuig op die Leeufontein-hoewes by Bronkhorstspruit oos van Pretoria. Die polisie in die stad ondersoek ‘n klag teen agt mans wat toegang tot die huis op die hoewe verkry het. Polisiewoordvoerder, Kay Makhubela sê die aanvallers het die 84-jarige vrou […]
SME Bank weer in die hof - November 5, 2021
Regter Hannelie Prinsloo sal ‘n interlokutêre aansoek in ‘n saak oor die bankrot SME Bank aanhoor. Frans Kapofi en Petrina Nakale bring die aansoek in die saak waar die likwidateurs die direkteure van die dagvaar. Die respondente is almal hooggeplaastes in die regering. Dave Bruni en Ian McClaren dagvaar Andrew Ndishishi, Petrina Nakale, Justus Hausiku, […]
Groot verwagtinge by Noordelike Select Veiling - November 5, 2021
Vandag bied Agra Auctions hul Northern Select Veiling in Grootfontein, sowel as aanlyn vanaf elf-uur aan. Die afgelope veilings het baie goed gevaar, veral in die geval van Brahman-aanbiedings. Volgens Paul Klein van Agra Veilings, is daar bekende telers wat diere op aanbod het…