Cyril gesels met Mswati oor sekuriteit - November 3, 2021

Die Suid-Afrikaanse President Cyril Ramaphosa en koning Mswati van Eswatini gaan saamwerk om ‘n nasionale dialoogforum in die buurland te vestig ten einde die wydverspreide versetoptrede op te los. Ramaphosa is die huidige voorsitter van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap se sekerheidstruktuur. Die twee leiers het vergader om die situasie in Eswatini te bespreek. Berigte lui daar […]

Read More

SACU, BRICS vat meeste uitvoere - November 3, 2021

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die handelstatistiek vir September vanjaar bekend gemaak. In terme van ekonomiese gebiede was die Suider-Afrikaanse Doeane-unie, bekend as SACU, en die BRICS lande die grootste ontvangers van Namibiese uitvoere met elk 34,9 persent van die totaal. Die EU het 10,1 persent van uitvoere ontvang en ander Afrika-lande, 9,3 persent. Die […]

Read More

NamWater berei damme voor vir die reënseisoen - November 3, 2021

NamWater berei tans voor vir die komende reënseisoen. Volgens Abraham Nehemia, NamWater se uitvoerende hoof, is werk hul onderhoudspan tans in die Suide by die Naute- en Neckartaldamme. Hulle sal binnekort na Windhoek terugkeer om onderhoudswerk aan die sentrale damme te doen.

Read More

Klimaat: mielie-verbouing sal nie so erg soos koring geraak word nie - November 3, 2021

Wêreldwye mielie-opbrengste kan in die volgende agt jaar met byna 25 persent daal, aangesien die klimaatkrisis tradisionele weerpatrone omver gooi. Stygende temperature en verskuiwings in reënval sal dit moeiliker maak om mielies te verbou. Volgens Ian Collard, hoof van die NMI-groep sal mielies nie die ergste geraak word nie. Hy meen dis eerder koring…

Read More

Nog ‘n brandstofverhoging in Desember voorspel - November 3, 2021

Ekonome voorspel nóg ‘n brandstofprysstyging voor die einde van die jaar. Vir die afgelope maande is talle brandstofprysverhogings ervaar, maar die publiek hoop dat brandstofpryse weer sal daal of geensins sal styg nie. Salomo Hei, besturende direkteur van High Economic Intelligence sê dit is ‘n realiteit dat brandstofpryse sal styg.

Read More

Hindu-fees vereer honde - November 3, 2021

Hindus in Nepal herdenk vandag hulle honde in die tweede dag van die vyf-dag Tihar-fees. Kraaie en koeie word ook vereer. Die fees handel daaroor dat Hindus glo dat honde die gesant van Yamaraj, die god van die dood is, en om die honde te vereer, die god gelukkig hou. Honde word gebad en met […]

Read More

Beesbemarking daal met meer as 12% - November 3, 2021

Die Namibiese Vleisraad sê die bemarking van bees het in die derde kwartaal met 12,39 persent gedaal met net minder as 171 000 diere wat tot dusver vanjaar bemark is. Volgens die Vleisraad was 59 persent op die hoef uitgevoer terwyl 26 persent opgeneem is deur uitvoer-abattoirs. B en C-klas abattoirs het 15 persent van […]

Read More

SA-weermag bou sy eie kuspatrollievaartuie - November 3, 2021

Die Suid-Afrikaanse Nasionale Weermag sê bouwerk aan drie veeldoelige kuspatrollievaartuie vir die vloot is op dreef. Die nuwe vaartuie is die eerste bote wat plaaslik vir die Suid-Afrikaanse vloot gebou word sedert die Drakensberg en drie aanvalsbote in 1986 in Durban voltooi is. ‘n Weermag-woordvoerder, Sam Khasuli, sê dit is ‘n groot hupstoot vir die […]

Read More

Handelstekorte wek kommer - November 3, 2021

Die Namibiese Statistieke Agentskap het die handelstatistieke vir September bekend gemaak. Die handelstekort het toegeneem vergeleke met dieselfde tydperk verlede jaar, en volgens Simonis Storm, het dit met 100 persent gegroei. Theo Klein van Simonis Storm het meer.

Read More

Lae stempersentasie, talle koalisies - November 3, 2021

Soos voorspel het die plaaslike regeringsverkiesing in Suid-Afrika ‘n lae stempersentasie opgelewer en die gebrek aan ‘n volstrekte meerderheid in verskeie dele van die land beteken talle koalisies. Politieke ontleders voorspel minstens 30 koalisies kan gevorm word en die meeste meen dat koalisieregerings altyd moeilik is. Die politieke ontleder professor Dirk Kotzé glo die hoofrede […]

Read More