
Sasria betaal R5,8 miljard aan onluste-eise uit - October 4, 2021
Sasria het onthul hy het tot op hede 5,8 miljard rand se eise uitbetaal aan Suid-Afrikaanse sakeondernemings wat beskadig is tydens die Julie-onluste in KwaZulu-Natal en Gauteng. Die vereniging het vandag in ‘n gesamentlike verklaring met die Nasionale Tesourie gesê werk is aan die gang om skade te herstel en ondernemings by te staan om […]
Pfizer-entstowwe gereed om in Namibië versprei te word - October 4, 2021
Die verspreiding van die 100 620 dosisse Pfizer-entstowwe in Namibië is nou gereed, het die adjunk-uitvoerende direkteur in die Namibiese gesondheidsministerie, Petronella Masabane, bevestig. Sy het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê spesiale naalde vir die inspuitings vir Pfizer-entstowwe is nodig en dit is bestel toe Pfizer in die land aangekom het. Sy sê aan Kosmos […]
Garnish Indiese Restaurant bied Indiese straatkosfees aan - October 4, 2021
Was jy al ooit in Indië en gesmul aan hul heerlike kerrie-geregte? Die Garnish Indiese Restaurant bring Indië na Windhoek se strate met hul Indiese Straatkosfees wat Vrydag begin en tot 8 Oktober duur. Die eienaar en organiseerder, Harsh Akheniya, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê daar is soveel lekkernye van die strate van Indië.
Mediclinic Suider-Afrika verplig Covid-inentings vir alle personeel, Namibiese gesondheidsministerie sê dis onwettig - October 4, 2021
Die hospitaalgroep Mediclinic in Suid-Afrika het besluit om inenting teen Covid-19 verpligtend te maak vir alle mense wat in sy hospitale werk, asook vir sy ander personeel. Die beleid word op 1 Oktober in werking gestel en gaan in fases ingestel word. Die finale sperdatum waarteen alle personeel ingeënt moet word, is 1 Februarie 2022. […]
Taxidiens vervoer Kapenaars na inentingspersele - October 4, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir vervoer, Daylinn Mitchell, het vandag ‘n roete van Atlantis se Rooikol-taxidiens besoek wat baie inwoners met gratis vervoer help sodat hul ingeënt kan word. Mitchell sê die rooikol-taxi’s bied nou vervoer na inentingspersele in die hele provinsie vir mense wat nie toegang het tot openbare vervoer nie. Hy sê 135 minibustaxi’s […]
Min kinders in Afrika bly by biologiese ouers - October 4, 2021
Die persentasie van kinders in Afrika wat by hul biologiese ouers bly, is die laagste onder swart mense en Kleurlinge, volgens Statistiek SA. Volgens statistieke is slegs 31,7 persent swart vaders in huishoudings teenwoordig waar hul kinders woon en 51,3% Kleurling-vaders. Dr. Phanuel Kaapama, ‘n lektor in die departement van politieke en administratiewe studies aan […]
Een Covid-sterfte in Opuwo-distrik aangemeld - October 4, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Opuwo-distrik aangemeld, asook 58 nuwe gevalle uit 1 185 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van vyf persent verteenwoordig. In die groep is 29 leerders, vyf onderwysers en een gesondheidswerker. Daar is nou 1 207 aktiewe gevalle, waarvan 78 in hospitale is en 15 in intensiewesorgeenhede. Die adjunkminister […]
Meer as 960 verdagtes in Gauteng vasgetrek - October 4, 2021
Die polisie in Gauteng het die naweek meer as 960 verdagtes in hegtenis geneem onder meer vir die oortreding van rampbestuursregulasies, motorkaping, poging tot moord, roof, handel in drank sonder ‘n lisensie en kwaadwillige saakbeskadiging. Die LUR vir gemeenskapsekerheid, Faith Mazibuko, het aangesluit by die provinsiale polisiekommissaris, Elias Mawela, wat die operasie gelei het in […]
Kommer oor chemiese ramp by UPL in KwaZulu-Natal - October 4, 2021
Die DA sê hy neem met kommer kennis van die verslag oor die chemiese ramp by UPL in KwaZulu-Natal in Julie nie. Een van die bevindings onthul UPL het nie die vereiste omgewingsgoedkeuring gehad voordat operasies in begin het nie. Die DA se woordvoerder, Dave Bryant, sê die provinsiale regering het nie seker gemaak alle […]
Passasierskepe belangrik vir toerisme in Kaapstad - October 4, 2021
Volgens Stad Kaapstad se burgemeesterskomiteelid vir ekonomiese geleenthede, James Vos, word die eerste passasierskip in die V&A Waterfront op 18 November verwag en ‘n verdere 36 skepe tussen November 2021 en Mei 2022. In die 2018-2019-seisoen het 52 000 passasiers van plesierskepe Kaapstad besoek. Die stad is ‘n stigterslid van die Cruise Cape Town-inisiatief wat […]