Repokoers Woensdag bekend - October 18, 2021

Die Bank van Namibië sal Woensdag die bank terugkoopkoers bekendmaak. Die monetêre beleidskomitee sal môre in die verband vergader. Die repokoers is op die oomblik 3,75 persent in ‘n poging om die ekonomie te stimuleer. Kazembire Zemburuka, adjunkdirekteur vir kommunikasie by die bank het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat…

Read More

Dis produktiwiteitsweek! - October 18, 2021

Reaksie word ontvang oor die Namibiese arbeidsministerie wat die week die jaarlikse produktiwiteitsweek aanbied met die tema ‘n Gesonde nasie is ‘n produktiewe nasie. Daan Strauss, sekretaris-generaal van die Namibiese Werkgewersfederasie, het sy mening oor produktiwiteit in die land so aan Kosmos 94.1 Nuus opgesom.

Read More

Ontwikkelingsbank hou Afrika-streeksvergaderings - October 18, 2021

Die Afdeling vir Burgerlike Samelewing- en Gemeenskapskakeling van die Afrika-Ontwikkelingsbank gaan op 26 Oktober streekforums oor die hele vasteland hou. Dit vervang die jaarlikse burgerlike samelewingsforums wat in die verlede aangebied is. Die oorhoofse tema van die streekforums is die uitreik na die burgerlike samelewing om veerkragtige ekonomieë ná Covid-19 te bou. Dit bied die […]

Read More

Cirrus gee mening oor MTC-aandele - October 18, 2021

Cirrus in die hoofstad het ‘n verslag oor MTC en sy aandele-aanbod bekend gemaak. Die makelaarsfirma sê die aanbod sluit op 1 November en daar word verwag dat die maatskappy op 19 November sal noteer. Die regering verkoop 49 persent van sy aandele in MTC en poog om 3,1 miljard Namibiese dollar uit die verkope […]

Read More

Groot oorwinning vir gehoorgestremdes in SA - October 18, 2021

Die Nasionale Raad van, en vir Persone met Gestremdhede sê hulle die Hooggeregshof gevra om ‘n bevinding aan Okosa te lewer oor die insluiting van meer regte vir gehoorgestremde kykers in die nuwe uitsaairegulasies. ‘n Woordvoerder van die Raad, Fanie du Toit, sê die Hooggeregshof in Pretoria het die regulerende liggaam opdrag gegee om aandag […]

Read More

Valke ondersoek verdagte grondtransaksies in Tshwane - October 18, 2021

Dis nie net in Namibië waar daar verdagte grondtransaksies op dorpe plaasvind nie. In Suid-Afrika verwelkom die Tshwane-metro die vordering wat die Valke maak in hul ondersoek na ‘n reeks verdagte grondaankope deur die ANC toe hulle tot 2016 in beheer van die stad was. Die DA-koalisie in Tshwane het gevra dat die transaksies vir […]

Read More

Dodelike grondstortings in Indië - October 18, 2021

Minstens 25 mense is in die suidweste van Indië dood weens grondstortings en oorstromings ná swaar reën. Elf liggame is tot dusver in die Idukki-distrik gevind en nog 14 in die Kottayam-gebied. Duisende mense is na veiligheid geneem nadat huise weggespoel het. Die land se weermag, vloot en lugmag help met die reddingsoperasie en staan vloedslagoffers by. In 2018 […]

Read More

Misdaad het skerp toegeneem - October 18, 2021

Die jongste misdaad statistiek vir die periode van April tot Augustus vanjaar is bekend. Geslagsgeweld het skerp toegeneem met net minder as 2 500 gevalle wat in die vyf maande gerapporteer is. Kenners meen die syfer kan baie hoër wees omdat ongeveer twee-derdes van alle geslagsgeweld-gevalle nie aangemeld word nie. Daar was net meer as 2 200 rooftogte en […]

Read More

Aanlyn-onderwys is daadwerklike alternatief - October 18, 2021

Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Debbie Schäfer, sê die Covid-19-pandemie het almal gedwing om die moontlikhede van aanlyn-onderwys as ‘n alternatief te oorweeg. Die belangstelling wat gewek is deur die Universiteit van Kaapstad se Aanlyn-hoërskool, asook die pogings van ‘n aantal Wes-Kaapse skole om aanlyn-onderwys aan te bied, toon daar is ‘n behoefte. Schäfer voeg […]

Read More

PDM hou beleidskonferensie - October 18, 2021

Die PDM-party hou die week sy beleidskonferensie in Otjiwarongo. Verskeie kwessies wat werkloosheid, behuising, grondhervorming insluit, sal onder die loep kom. Die geleentheid word ook regstreeks uitgesaai op die party se sosiale media. Die party se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe het die besonderhede …

Read More