
Norma laat aap uit die mou - April 27, 2021
Die voormalige Suid-Afrikaanse Minister Malusi Gigaba het sy aansoek verloor om te verhoed dat sy vervreemde vrou, Norma Mngoma, voor die staatskapingskommissie getuig. Mngoma het reeds getuig oor hoe Gigaba kontant en voordele by die Gupta-familie ontvang het. Hierdie gunste sluit glo ‘n betaling van 5 miljoen Namibiese doller vir hul troue in sowel as […]
Gee die mense hulle grond! - April 27, 2021
‘n DA-lid van die Wes-Kaapse wetgewer sê geregtigheid is lank genoeg weerhou van begunstigdes wat tussen 1995 en 1998 aansoek gedoen het vir die herstel van grondregte en dit is dringend nodig dat enige verdere vertragings ondersoek en daar opgetree word. Mathlodi Maseko sê die wetgewer wil hê die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike […]
Oorlogsveterane kry N$861,3m – het vryheid gebring - April 27, 2021
Die Namibiese Ministerie van Verdediging het 861,3 miljoen Namibiese doller opsygesit om veterane van die vryheidstryd, en hulle afhanklikes in die huidige finansiële jaar te versorg. Die Minister, Frans Kapofi sê die belangrikheid van oorlogsveterane kan nie oorbeklemtoon word nie en dit is almal se verantwoordelikheid om hulle te versorg. Hy sê hulle het vrede […]
DRK stuur Covax-entstof aan, dit gaan verval - April 27, 2021
Internasionale nuusagentskappe berig dat gesondheid owerhede in die Demokratiese Republiek van die Kongo omtrent 75 persent van sy AstraZeneca entstof wat hy by die Covax-fasiliteit ontvang het, te herontplooi. Die besending van 1,7 miljoen entstowwe gaan verval en die land se owerhede het nie die kapasiteit om hulle toe te dien voor dit nie. Unicef […]
Rugby-kapteins plant bome - April 27, 2021
Die Varsitybeker-kapteins het aan ‘n boomplant-seremonie deelgeneem by die Universiteit van Pretoria se Toekoms Afrika-kampus in Tshwane. Die toernooidirekteur, Xhanti-Lomisi Nesi, sê die seremonie was ‘n simbool van hoe samewerking tussen die toernooi-organiseerders en die universiteit gegroei het. Nesi sê agt van die tien spanne wat aan dié maand se toernooi deelneem, het ‘n veilige […]
Zim-banke dank ook af - April 27, 2021
Banke regoor die streek, vasteland en wêreld besnoei poste omdat elektroniese transaksies die dienste van personeel oorgeneem het. In Zimbabwe, met sy talle uitdagings, het die CBZ Bank ook aangekondig dat vrywillige afleggings op die oomblik onderhandel word. Die Zimbabwiese Ekonoom Eddie Cross sê dit verbaas hom glad nie.
Geen heining sal opgerig word by Angolese grens nie - April 27, 2021
Die beplande heining tussen Namibië en Angola is te duur en sal nie opgerig word nie. Die Kabinet het die heining reeds in 2015 goedgekeur in ‘n poging om die grens tussen Namibië en Angola te versterk en so, beter beheer oor bek- en klouseer in die noordelike gebied van die land te verseker. Die […]
Gemeenskap 2 jaar sonder water, maar herstel was minder as N$700 - April 27, 2021
Die Direkteur-Generaal van die Nasionale Beplanningskommissie Obeth Kandjoze het sy frustrasie uitgespreek met gemeenskappe en streeks leierskap strukture wat op die sentrale regering wag in plaas van om self herstelwerk te doen. ‘n nedersetting in die Kavango Oos-streek is reeds 2 jaar sonder water as gevolg van ‘n klein uitdaging met ‘n boorgat wat self […]
Saam is ons sterker op Europa-dag - April 27, 2021
Europa-dag word vanjaar gevier om die verhouding tussen die EU en Namibië te vier. Die tema van die dag is ‘Ons is sterker saam’. Die EU ambassadeur in Namibië Sinikka Antila sê die belangrikheid van samewerking is weer deur die pandemie na vore gebring. Twaku Kayofa, Persbeampte by die EU se Namibiese sending het met […]
Stemreg gee nie vryheid nie – AfriForum - April 27, 2021
AfriForum sê op Vryheidsdag Suid-Afrika is nie regtig vry nie. Die Woordvoerder, Ernst van Zyl, sê die blote feit om stemreg te hê, maak ‘n mens nie werklik vry nie. Hy wys op korrupsie in die regering sowel as die hoë misdaadsyfer en werkloosheid. Van Zyl meen die enigste manier om vry te wees, is […]