
Groot oorwinning vir gehoorgestremdes in SA - October 18, 2021
Die Nasionale Raad van, en vir Persone met Gestremdhede sê hulle die Hooggeregshof gevra om ‘n bevinding aan Okosa te lewer oor die insluiting van meer regte vir gehoorgestremde kykers in die nuwe uitsaairegulasies. ‘n Woordvoerder van die Raad, Fanie du Toit, sê die Hooggeregshof in Pretoria het die regulerende liggaam opdrag gegee om aandag […]
Valke ondersoek verdagte grondtransaksies in Tshwane - October 18, 2021
Dis nie net in Namibië waar daar verdagte grondtransaksies op dorpe plaasvind nie. In Suid-Afrika verwelkom die Tshwane-metro die vordering wat die Valke maak in hul ondersoek na ‘n reeks verdagte grondaankope deur die ANC toe hulle tot 2016 in beheer van die stad was. Die DA-koalisie in Tshwane het gevra dat die transaksies vir […]
Dodelike grondstortings in Indië - October 18, 2021
Minstens 25 mense is in die suidweste van Indië dood weens grondstortings en oorstromings ná swaar reën. Elf liggame is tot dusver in die Idukki-distrik gevind en nog 14 in die Kottayam-gebied. Duisende mense is na veiligheid geneem nadat huise weggespoel het. Die land se weermag, vloot en lugmag help met die reddingsoperasie en staan vloedslagoffers by. In 2018 […]
Misdaad het skerp toegeneem - October 18, 2021
Die jongste misdaad statistiek vir die periode van April tot Augustus vanjaar is bekend. Geslagsgeweld het skerp toegeneem met net minder as 2 500 gevalle wat in die vyf maande gerapporteer is. Kenners meen die syfer kan baie hoër wees omdat ongeveer twee-derdes van alle geslagsgeweld-gevalle nie aangemeld word nie. Daar was net meer as 2 200 rooftogte en […]
Aanlyn-onderwys is daadwerklike alternatief - October 18, 2021
Die Wes-Kaapse LUR vir Onderwys, Debbie Schäfer, sê die Covid-19-pandemie het almal gedwing om die moontlikhede van aanlyn-onderwys as ‘n alternatief te oorweeg. Die belangstelling wat gewek is deur die Universiteit van Kaapstad se Aanlyn-hoërskool, asook die pogings van ‘n aantal Wes-Kaapse skole om aanlyn-onderwys aan te bied, toon daar is ‘n behoefte. Schäfer voeg […]
PDM hou beleidskonferensie - October 18, 2021
Die PDM-party hou die week sy beleidskonferensie in Otjiwarongo. Verskeie kwessies wat werkloosheid, behuising, grondhervorming insluit, sal onder die loep kom. Die geleentheid word ook regstreeks uitgesaai op die party se sosiale media. Die party se sekretaris-generaal Manuel Ngaringombe het die besonderhede …
Pikkewyn-navorser vereer in Frankryk - October 18, 2021
Die Natuurlewe- en Omgewingsvereniging van Suid-Afrika, Wessa, het een van sy raadslede, Lorien Pichegru, gelukgewens met haar Franse toekenning van Ridder in die Orde van Verdienste. Die Franse ambassadeur in Suid-Afrika, Aurelien Lechevallier, het die toekenning aan Pichegru oorhandig. Die vereniging sê sy het haar lewe gewy aan navorsing oor die beskerming van pikkewyne. Sy […]
Nampol het 115 voertuie in 5 maande in ongelukke - October 18, 2021
Daar was 115 motorongelukke waarin polisievoertuie betrokke was tussen April en Augustus vanjaar. Nampol het reeds uitdagings met ‘n tekort aan voertuie en mag ingevolge die moratorium wat deur President Hage Geingob daargestel is, geen voertuie tot 2025 aankoop nie. Die hoof van die mag, luitenant-generaal Sebastian Ndeitunga sê dit is onaanvaarbaar en het bygevoeg […]
US$100 miljard jaarliks nodig vir ontwikkelende lande en klimaat - October 18, 2021
Die Verenigde Nasies sê 100 miljard Amerikaanse dollar per jaar is uit openbare en privaatbronne nodig vir klimaatstempering en -aanpassing vir die ontwikkelende wêreld. Die organisasie sê die bedrag is die absolute minimum wat nodig is. Die VN se sekretaris-generaal Antonio Guterres sê ontwikkelingsbanke het ‘n noodsaaklike rol in die finansiering van ‘n groenherstelplan en […]
DA hof toe oor Afrikaans by Maties - October 18, 2021
Die DA gaan hierdie week ‘n hofsaak teen die bestuur van die Universiteit Stellenbosch onder die rektorskap van Wim de Villiers aanhangig maak. Leon Schreiber van die DA sê hulle het genoeg bewyse teen De Villiers. Hy sê hulle gaan die Hooggeregshof in Kaapstad vra om die universiteit se poging om finaal weg te doen […]