ANC NUK vergader dalk Sondag oor koalisies - November 5, 2021

Die ANC se nasionale uitvoerende komitee sal na verwagting Sondag vergader om sy strategie vir koalisievorming te bespreek. Die party het sy uitgebreide werkskomiteevergadering wat vandag sou plaasvind, uitgestel. Die ANC het die eerste keer sedert 1994 minder as 50 persent by die stembus gekry. Die NUK-lid Jeff Radebe sal na verwagting die span lei wat koalisies bespreek in […]

Read More

Namibië se 16 Dae van Aktivisme teen Geslagsgeweld skop in Desember af - November 5, 2021

Namibië gaan soos Suid-Afrika aan die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders deelneem. Suid-Afrika se veldtog is vanaf 25 November tot 10 Desember waartydens hulle die plaag van geslagsgeweld uitwis wat in die land woed. In Namibië het een van die organiseerders, Rauna Awene, Namibië se veldtogplanne met […]

Read More

Sikunga-viswagters trek een kilometer lange muskietnet uit rivier - November 5, 2021

Die Sikunga-viswagters het een kilometer lange muskietnette uit die Kavangorivier getrek toe hulle patrollie langs die rivierkanaal gedoen het. Gondwana Collection Namibia se omgewingsbeampte, Justice Muhindwa, sê aan Kosmos 94.1 Nuus niemand is in hegtenis geneem nie.

Read More

SA onderwysaktivis sê universiteit moet hom nie laat boelie deur studente - November 5, 2021

Die Suid-Afrikaanse onderwysaktivis Hendrick Makaneta het uitgevaar teen studente wat by die Universiteit Sefako Makgatho in Pretoria-Noord betoog het. Makaneta sê die universiteit moet hom nie laat boelie deur studente met onredelike eise nie. Dit volg op verset-optrede van studente wat koshuise terugeis wat volgens die universiteit nie aan die nodige veilgheidsmaatreëls voldoen nie. Makaneta […]

Read More

Ministerie van binnelandse sake appelleer teen Lühl-uitspraak - November 5, 2021

Die Namibiese ministerie van binnelandse sake het vandag appèl aangeteken teen die mylpaal-uitspraak van Regter Thomas Masuku op 13 Oktober, wat Namibiese burgerskap deur afkoms verleen het aan die twee-jarige seun van die Namibiër Phillip Lühl, wat deur surrogaatskap gebore is in Maart 2019. Die appèlstryd is op pad na die hooggeregshof, waar die ministerie […]

Read More

Harry Potter-aktrise hou klimaatskattejag by COP26 - November 5, 2021

Hermione Granger van Harry Potter-faam, vestig nou haar aandag op klimaatsverandering. Die Britse akteur Emma Watson het ‘n klimaat-skattejag in Glasgow, Skotland, bekend gestel. Die Verenigde Nasies se COP26-klimaatberaad word tans daar gehou. Watson sê sy het 300 boeke oor klimaatsaktivisme deur die land versteek. Die idee om mense van oor die hele wêreld aan […]

Read More

Geslagsgeweld-aktivis reageer op skokdood van Walvisbaaise vrou - November 5, 2021

‘n Aktivis teen geslagsgeweld het gereageer op die skokdood van ‘n bekende 48-jarige vrou van Walvisbaai. Haar 45-jarige man is in hegtenis geneem vir haar moord nadat hy beweer het sy het selfmoord gepleeg. Die paartjie het gisteraand uitgegaan en volgens haar man het sy vroeër huis toe gegaan waar hy later haar liggaam op […]

Read More

Bernadus Swartbooi waarsku eks-baas van Fishcor om versigtig te wees - November 5, 2021

Die Landless Peoples’ Movement-leier Bernadus Swartbooi het die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, gewaarsku om versigtig te wees na sy opspraakwekkende getuienis die afgelope twee dae in die Windhoekse hoërhof. Die mede-beskuldigde in die Fishrotsaak beweer staatsgeld van miljoene Namibiese dollar is vir Swapo-verkiesingsveldtogte gebruik. Swartbooi het tydens ‘n onderhoud met Namibian Sun […]

Read More

Mike Nghipunya onder kruisondervraging in Fishrot-saak - November 5, 2021

Die borgtogaansoek van een van die Fishrot-beskuldigdes en uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, duur voort in die Windhoekse hoërhof. Staatsaanklaers het in hul kruisondervraging aan Nghipunya gevra om te verduidelik waarom ‘n maatskappy, Wanakadu, wat slegs twee maande bestaan het, ‘n tender gekry het om gedroogde vis vir droogtehulp te voorsien wat deur ‘n […]

Read More

Bollywood is terug in rolprentteaters - November 5, 2021

Indië se rolprentbedryf hoop ondersteuners gaan terugkeer na rolprentteaters wat weens die Covid-pandemie meer as ‘n jaar lank gesluit was. Die eerste A-lys Bollywood-rolprent wat sedert Maart verlede jaar te sien sal wees, is die polisiedrama Sooryavanshi waarin van die land se bekendste akteurs te sien is. Die woordvoerder Shibasish Sarkar sê dit was moeilik om te wag vir ‘n bekendstelling in ‘n teater, […]

Read More