
Een Covid-sterfte op Rundu aangemeld - November 3, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Rundu-distrik aangemeld nie, asook 7 nuwe gevalle uit 1 196 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. Daar is nou 829 aktiewe gevalle, waarvan 15 in hospitale is en een pasiënt in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 266 710 mense is ten volle ingeënt.
Pres. Hage Geingob maak binnekort belangrike aankondiging op COP26 - November 3, 2021
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê President Hage Geingob sal binnekort by die Klimaatberaad, COP26, in Glasgow aankondig aan wie die tender toegeken is vir die volhoubaarheidstudie vir die produksie van groen waterstof in Namibië. Hy sê Namibië stuur ‘n sterk boodskap uit aan die wêreld om klimaatsverandering te takel.
Namibiese minister van finansies voorspel ekonomiese groei van 1,9% - November 3, 2021
Die Namibiese minister van finansies, Ipumbu Shiimi, sê die middeltermyn begroting word ter tafel gelê in baie moeilike ekonomiese omstandighede. Hy sê ongelyke ekonomiese herstel word voorspel deur die IMF en kommoditeitspryse sal herstel. Plaaslik is ekonomiese herstel stadig as gevolg van lae inentings en hy sê die entstof is die belangrikste wapen. Namibië se […]
Adjunkpremier ontken Fishrot-geld aan Swapo - November 3, 2021
In die borgaansoek van die Fishrot-beskuldigdes het die voormalige uitvoerende hoof van Fishcor, Mike Nghipunya, in die Windhoekse hoërhof gesê sommige van die geld wat met hierdie saak verband hou, is aan Swapo vir sy verkiesingsveldtog betaal. McHenry Venaani, leier van die PDM, het vandag in die Nasionale Vergadering aan die adjunkpremier en potensiële presidensiële […]
Koalisievorming in SA munisipaliteite onafwendbaar - November 3, 2021
Die gewese ondervoorsitter van die Onafhanklike Verkiesingskommissie, Terry Tselane, sê koalisievorming is onafwendbaar in die bestuur van Suid-Afrikaanse munisipaliteite. Daar was vanoggend 35 munisipaliteite waar ‘n volstrekte meerderheid nie behaal is nie, teenoor die 27 in 2016. Tselane sê burgers moet gewoond raak aan koalisies omdat die omstandighede gunstig is vir hulle bestaan.
Universiteit van Kaapstad kry toelaag van R37 miljoen - November 3, 2021
Die Algorand-stigting en die Universiteit van Kaapstad werk saam om die UCT-Algorand Fintech-vernuwingsentrum te vestig. ‘n Woordvoerder van die universiteit, Elijah Moholola, sê hierdie aanvanklike vyfjaar-vennootskap word deur die Algorand-stigting se toelaagprogram ondersteun met 37 miljoen rand wat die universiteit sal help om die sentrum te vestig. Hy verduidelik die sentrum sal nuwe studente-ondernemings met […]
RGN: SA kiesers meen verkiesing was vry en regverdig - November 3, 2021
Die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing se peiling oor verkiesingstevredenheid dui aan geregistreerde kiesers het die verkiesing vry en regverdig gevind. Volgens die waarnemende groepbestuurder van gedeelde dienste by die RGN, Narnia Bohler-Muller, is 300 stemlokale regoor provinsies gekies vir die opname en daar is onderhoude gevoer met 50 mense by elke lokaal. Altesaam 12 000 […]
Landbousektor is grootste werkverskaffer in Namibië - November 3, 2021
Die landbousektor is die sesde grootste industrie in die Namibiese ekonomie, maar dit is die grootste werkverskaffer wat 23 persent van die arbeidsmag in diens neem. In die landbousektor is die visserybedryf die grootste subsektor as dit met lewendehawe en gewasverbouing vergelyk word. Kosmos 94.1 Nuus het aan ekonoom Theo Klein gevra as landbou die […]
Lasbrief vir inhegtenisneming aan Ace Magashule se gewese PA uitgereik - November 3, 2021
‘n Lasbrief is uitgereik vir die inhegtenisneming van Ace Magashule se gewese persoonlike assistent. Moroadi Cholota sal nou ‘n beskuldigde wees nadat sy geweier het om as staatsgetuie op te tree teen Magashule en sy medebeskuldigdes. Die saak is in die Bloemfonteinse hooggeregshof tot 21 Februarie uitgestel. Hulle staan tereg op meer as 70 aanklagte […]
Onduidelik of Jandre Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het - November 3, 2021
Dit is steeds nie duidelik of Jandre Dippenaar regsverteenwoordiging bekom het in die saak waar hy vir skadevergoeding gedagvaar word deur die Duitse burger Antonia Joschko nie. Die laaste dokument wat hy laat indien het, was op 11 Mei vanjaar waar hy aangedui het dat regshulp van die staat hom geweier is. Die saak was […]