Visstakers kry werk terugJune 8, 2025

Onderhandelinge tussen die regering, werkgewers en werkers is afgehandel om stakers wat in 2015 afgedank is, weer by vismaatskappye in te lyf. Ooreenkomste in dié verband is Saterdag op Walvisbaai onderteken. Volgens die minister van landbou en visserye, Inge Zaamwani, het al dié werkers, asook voormalige Namsov-werknemers nou weer werk.