Malaria-veldtog skop in 21 distrikte af - November 4, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het hul binneshuise malariabespuiting-veldtog in die 21 geteikende malaria-distrikte afgeskop. Verlede jaar is 13 600 malaria-gevalle en 40 sterftes aangemeld in die streke van Kavango-Oos en –Wes, Ohangwena en Zambezi wat 85 persent van die gevalle en sterftes verteenwoordig. Vanjaar sal die veldtog ook in ander streke soos Oshikoto, Otjozondjupa, Omusati, Kunene en Oshana plaasvind. Die ministerie se teiken is om malaria teen 2023 […]

Read More

Byna 26 000 inwoners van Karas is ingeënt - November 4, 2021

Terwyl Namibië besig is met sy landwye Covid-inentingsveldtog, het die Karasstreek aangekondig dat byna 26 000 van sy inwoners ingeënt is met hul teiken van meer as 55 000 inwoners. Die Suid-Afrikaanse regering beplan volgende naweek nog ‘n Vooma-veldtog om die inentingsprogram ‘n hupstoot te gee. Die minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê drie […]

Read More

Groot pryse te wen met Kankervereniging se appelbak-kompetisie - November 4, 2021

Die Kankervereniging van Namibië nooi al die bobaas-bakkers uit om deel te neem aan die appelbak-kompetisie wat op Saterdag 13 November in Windhoek plaasvind. Groot pryse is op die spel. Volgens die uitvoerende hoof van die vereniging, Rolf Hansen, kon hierdie gewilde bakkompetisie nie verlede jaar weens die Covid-pandemie plaasvind nie.

Read More

Slegs sewe Covid-pasiënte in hospitale - November 4, 2021

Die Namibiese gesondheidsministerie het een Covid-sterfte in die Opuwo-distrik aangemeld, asook vier nuwe gevalle uit 706 toetsuitslae, wat ‘n positiewe koers van 0,6 persent verteenwoordig. Daar is nou 459 aktiewe gevalle, waarvan sewe in hospitale is en niemand meer in intensiewesorgeenhede nie. Altesaam 268 541 mense is ten volle ingeënt. Die minister van gesondheid, dr. […]

Read More

Indonesië teel nou Komodo-drake - November 4, 2021

‘n Dieretuin in die Indonesiese stad Surabaya het begin om Komodo-drake te teel in ‘n poging om dié diere van uitwissing te red. Die reuse-drake kom slegs op ‘n paar eilande van Indonesië voor en stygende seevlakke bedreig die eilande.  

Read More

Suid-Afrika se 16 Dae van Aktivisme teen Geweld en Vroue begin 25 November - November 4, 2021

Die Suid-Afrikaanse minister in die Presidensie, Mondli Gungubele, sê die regering sal vanaf 25 November tot 10 Desember deelneem aan die jaarlikse veldtog van 16 Dae van Aktivisme teen Geweld teen Vroue en Kinders. Gungubele sê die regering wil die plaag van geslagsgeweld uitwis wat in die land woed. 

Read More

Lesse te leer uit SA verkiesing - November 4, 2021

Die Suid-Afrikaanse munisipale regeringsverkiesing het Maandag plaasgevind en die stemuitslae is besig om gefinaliseer te word. Afrika is bekend daarvoor om verkiesingsuitslae te betwis. Wat is die lesse wat uit hierdie munisipale verkiesings in die buurland geleer kan word? Politieke analis Charles Sinkala sê Suid-Afrikaners meen die ANC is gekneus, veral wat binnegevegte betref.

Read More

Julius Malema sê hy is bly ANC het minder as 50% stemme gekry - November 4, 2021

Die EFF-leier, Julius Malema, sê sy party is bly die ANC het minder as 50 persent stemme in die munisipale verkiesing gekry. Hy het die Suid-Afrikaners by die OVK se uitslagsentrum in Tshwane toegespreek. Die ANC loop voor met 45,59 persent, gevolg deur die DA met 21,59 persent en die EFF is derde met 10,32 […]

Read More

Airlink toets toep op vlugte tussen SA en Namibië - November 4, 2021

Airlink het amptelik begin om die Internasionale Lugvervoervereniging, Iata, se digitale reisbewys-toepassing vir sy streekvlugte te gebruik. Die toep, Iata Travel Pass, maak dit heelwat eenvoudiger om oor grense heen te reis danksy die digitalisering van jou intentingstatus asook jou Covid-19-toetsuitslae. Airlink sal die proeflopie van die toep voorlopig net op sy vlugte tussen Suid-Afrika […]

Read More

Kanola breek rekords - November 4, 2021

Die kanolaprys het ‘n rekord verbeter en staan nou op 10 022 rand per ton. Soill se landbou-navorsingsbestuurder, Zander Spammer, sê die styging kan toegeskryf word aan die rand se swak vertoning teen ander belangrike geldeenhede. Hoë pryse vir landbouprodukte soos kanola wissel ook nie in die res van die wêreld nie en bly bestendig. Spammer het onlangs gesê die Swartland in die Wes-Kaap kan […]

Read More