
Twee Covid-tuissterftes op Rundu aanmeld - November 24, 2021
Die Namibiese gesondheidsministerie het twee Covid-tuissterftes in die Rundu-distrik aangemeld, asook 15 nuwe gevalle uit 1 480 uitslae, wat ‘n positiewe koers van een persent verteenwoordig. In die groep is een student. Daar is nou 85 aktiewe gevalle, waarvan agt pasiënte in hospitale is en een in ‘n intensiewesorgeenheid. Altesaam 298 503 persone is ten […]
IPC sê dis Job se skuld… - November 24, 2021
Raadslede by Stad Windhoek het uitgevaar teenoor die Independent Patriots for Change-party. Hulle sê die party hou nie by die bepalings van die koalisie-ooreenkoms nie en ook dat die partyleier, Panduleni Itula, agter hulle rûe onderhandel met die Landless People’s Movement. Maar volgens Brian Black, is die burgemeester Job Amupanda die een wat die probleme […]
TransNamib is gereed vir die reën seisoen - November 24, 2021
TransNamib sê hy is gereed vir die reënseisoen. Verlede jaar is die spoorlyn in die Suide erg beskadig met swaar neerslae wat voorgekom het. Abigail Raubenheimer, TransNamib se skakelbeampte…
The Trolls leer gesonde eetgewoontes - November 24, 2021
Die Amerikaanse rolprentvervaardiger DreamWorks bied in samewerking met die Verenigde Nasies ‘n digitale veldtog aan wat ten doel het om ‘n gesonde dieet en volhoubare lewe aan te moedig. Dit vorm deel van hul projekte vir die Internasionale Jaar van Vrugte en Groente. DreamWorks se karakters van die animasierolprent, The Trolls, moedig hul aanhangers aan […]
Beurtkrag hou die publiek gyselaar - November 24, 2021
Die Nasionale Werknemersorganisasie van Suid-Afrika sê Eskom se volgehoue onderbrekende en onbestendige kragvoorsiening hou Suid-Afrikaanse werknemers en die publiek gyselaar. Die organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Papenfus, sê die bedanking van Eskom se hoof- uitvoerende beampte, André de Ruyter, is nie die antwoord op jare se korrupsie en verwronge hervormings-beleide nie. Dié idee is onrealisties. […]
Regskenner sê oor Fishrot-borgaansoek - November 24, 2021
Die Fishrot-skandaal is in die nuus met verskeie borgaansoeke deur die verdagtes in die hoërhof. Die saak is opsigself uiters opspraakwekkend met baie groot kritiek wat teenoor die regering en die regerende party uitgespreek word. Kosmos 94.1 Nuus het met die direkteur by die Regshulpsentrum Toni Hancox gepraat oor of daar ‘n moontlikheid is dat […]
Kenner sê sprinkaanplaag gaan ‘enorm’ wees vanjaar - November 24, 2021
Swerms van sprinkane teister die Suide se boere, veral in die gebied van Warmbad, Karasburg, Ariamsvlei en Ai-Ais wat erg deurloop. Swerms is tussen 1 en 4 kilometer breed en boere het hulle hande vol. Volgens dr. Gerhard Verdoorn, ‘n kenner in die gebied van plae en gifstowwe, was dit voorspel en dit gaan verder […]
Binnegevegte oorheers Stad Whk se sake - November 24, 2021
Politieke binnegevegte oorheers die sake van Stad Windhoek met die koalisie-ooreenkoms wat na bewering bevraagteken word en die Independent Patriots for Change wat erg deurloop in die media. Kosmos 94.1 Nuus het met die Nudo-raadslid Joseph Kauandenge gepraat oor die huidige stand van sake..
“Hier’s ‘n springbok in Zurich se strate” - November 24, 2021
Die Springbok-kaptein Siya Kolisi het na afloop van die Bokke se Europese toer ‘n beroemde toergids gehad terwyl hy Switserland besoek het. Hy het die plaaslike tennisheld, Roger Federer, ontmoet wat hom al Zürich se besienswaardighede gaan wys het. Die 20-malige grand slam-kampioen het foto’s van hulle twee by bekende plekke geplaas en geskryf: “Het […]
SA-salarisse daal skerp in Oktober - November 24, 2021
Die Suid-Afrikaanse BankservAfrica Take-home Pay-indeks vir Oktober is bekend. Volgens die statistieke het salarisse skerp afgeneem en die gemiddelde salaris na aftrekkings was 15 042 Suid-Afrikaanse rand teenoor 15 266 rand wat in September gemeet is. In werklike terme, was die gemiddeld eintlik 12 412 rand in Oktober. Dit is die laagste vlak sedert 2018. […]