
Arbery se skieters is almal skuldig, sy ma bedank God - November 25, 2021
‘n Amerikaanse jurie het drie mans skuldig bevind aan die moord van die 25-jarige Ahmaud Arbery in die suide van Georgia verlede jaar. Travis McMichael, sy pa Greg McMichael en hulle buurman William Bryan, het Arbery agternagesit en doodgeskiet terwyl hy op ‘n Sondagoggend gaan draf het. Hulle beweer Arbery was betrokke by ‘n reeks […]
NSFAF se skuldboek – N$4,2 miljard, met helfte wat onbekend is - November 25, 2021
Die hoof van die Namibiese studente hulpfonds Kennedy Kandume het aan plaaslike media bevestig dat die instansie meer as 4,2 miljard Namibiese dollar geskuld word. Volgens die jongste berigte, is 2,1 miljard uitstaande van ekonomies-aktiewe begundstigdes terwyl die ander helfte se ekonomiese status onbekend is. Kandume het onlangs aangekondig dat persone wat die instansie geld […]
Voëlgriep in die Wes-Kaap – ergste is verby - November 25, 2021
Dit wil voorkom asof die ergste van die Wes-Kaapse voëlgriep-uitbreking verby is met owerhede wat sê die situasie is onder beheer en die vrektes neem af. Die woordvoerder van die provinsiale regering James-Brent Styan het meer…
Jou ou ID-kaart is geldig - November 25, 2021
President Hage Geingob het verlede week die nuwe Namibiese identiteitskaarte bekend gestel. Die nuwe kaarte sal as reisdokumente tussen buurlande gebruik kan word en dit is volgens die spesifikasies van die Internasionale Burgerlugvaartorganisasie. Margaret Kalo, die woordvoerder van die ministerie van binnelandse sake, sê sy ontvang vrae van die publiek of hulle vir die nuwe […]
Meer as 20 migrante verdrink in Engelse Kanaal - November 25, 2021
Meer as 20 migrante waaronder kinders, het verdrink nádat hulle boot in die Engelse Kanaal naby Calais gesink het. Die boot was van Frankryk na die Verenigde Koninkryk op pad. Volgens Franse owerhede het 31 500 mense sedert die begin van die jaar probeer om die land na Brittanje oor te steek en 7 800 […]
Covid-gevalle neem toe in SA - November 25, 2021
Suid-Afrika se Covid-gevalle styg skerp. ‘n Totaal van 1 275 nuwe Covid-19-gevalle is die afgelope 24 uur aangemeld. Die meerderheid van die nuwe gevalle vandag was in Gauteng met 80 persent, gevolg deur die Wes-Kaap met 5 persent, en KwaZulu-Natal en Noordwes wat elk 3 persent geregistreer het. Daar was ‘n toename van 53 hospitaaltoelatings […]
Voedselsekerheid kort meer as meer produksie - November 25, 2021
Verhoogde voedselproduksie is nie die enigste faktor wat kan help om voedselonsekerheid te bekamp nie. Dit is die belangrikste boodskap by die 2021 wêreldwye voedselsekerheids-aanwyser-besprekings wat AgriSA in vennootskap met die Verenigde State se departement van landbou gehou het. Die aanwyser kyk na voedselsekerheid in 113 lande met 58 unieke aanwysers in ag genome. Dit […]
Oeroue menslike voorsaat se werwels wys hulle kon loop - November 24, 2021
Internasionale wetenskaplikes van die Universiteit van die Witwatersrand, die New York Universiteit en 15 ander instellings het die ontdekking van werwels van ‘n uitgestorwe menslike voorsaat van twee miljoen jaar oud bekend gemaak. Die fossiele is in 2015 ontdek tydens uitgrawings aan ‘n mynpad naby Johannesburg. Die ontdekking gee insig in die manier waarop hierdie […]
Net Wes-Kaap het skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld - November 24, 2021
Die Suid-Afrikaanse minister van maatskaplike ontwikkeling, Lindiwe Zulu, het onthul die Wes-Kaap is die enigste provinsie met amptelike skuilings vir slagoffers van geslagsgeweld. Zulu het in antwoord op ‘n vraag van die DA-lid in die parlement, Bridget Masango, gesê die provinsie het ses fasiliteite wat deur die departement van openbare werke geskenk is, terwyl ander provinsies […]
Niemand kan aanspraak maak op monopolie oor volksmoord – PDM - November 24, 2021
McHenry Venaani, die amptelike opposisieleier, het gewaarsku teen politieke houdings en stamgebondenheid wat deur sekere kringe in die volksmoordbespreking en openbare konsultasies ontplooi word. Volgens Venaani kan niemand – ‘n groep of politieke formasie – aanspraak maak op monopolie oor die volksmoord nie, en sê slegs gesamentlike pogings deur alle rolspelers kan ‘n ‘n eerbare […]