Groot sake in laerhowe vandag
Daar is twee opspraakwekkende laerhof sake vandag. Die eerste is in Walvisbaai waar Beauty Haimbili, ‘n boekhouer wat by Lewcor in Walvisbaai gewerk het en aangekla is op klagte van diefstal van meer as 11 miljoen Namibiese doller van haar werkgewer wat saam met haar man Jalmari wat ook by die saak betrek word voor […]
Saks sal nie meer pelse verkoop nie
Die wêreldbekende Saks Fifth Avenue sal nie meer pelse in sy produkte gebruik nie. Die kleinhandelaar sluit aan by name soos Macy’s, Versace en Prada wat reeds die besluite geneem het. Saks het vandag aangekondig dat alle pelsprodukte teen die einde van die 2022 finansiële jaar uit sy reeks produkte verwyder sal word. Produkte wat […]
SA begrafnisondermers boos oor permit vetragings
‘n Groep in Suid-Afrika wat homself die Nasionale Taakspan van Begrafnisondernemers noem, het ‘n beroep op sy lede gedoen om alle takke van Binnelandse Sake in die land te sluit. Hulle betoog teen vertragings in permitte om liggame uit lykshuise, hospitale en forensiese laboratoriums te verwyder om dit te begrawe. Die groep sê die sluiting […]
Skenking sal vermors word meen DA
Die DA sê hy verwelkom internasionale hulp aan Suid-Afrika, maar die geld wat die Verenigde Nasies aan projekte van die distriksontwikkelings-model toegeken het, sal na alle waarskynlikheid vermors word. Die DA Parlementslid in die Oos-Kaap, Cilliers Brink, het kommentaar gelewer op die VN se skenking van miljoene aan projekte in die Oos-Kaap, Limpopo en KwaZulu-Natal. […]
Meer polisie, minder misdaad nê?
Uit die Wes-Kaap berig Kosmos 94.1 se Korrespondent Fritz Platt dat net minder as 200 addisionele polisie beamptes in Kaapstad ontplooi is om misdaad onder beheer te bring…
Vloedbesproeiing by Hardap vreet water
Meer as 1,9 miljoen kubieke meter water is uit die Hardapdam in die afgelope week gepomp en tans is die damvlak op 70,8 persent. Die dam voorsien die Hardap groenskema van die boerevereniging maar, vloed besproeiing word daar toegepas wat deur kenner as verkwistend beskryf word. Abraham Nehemia, NamWater se Uitvoerende Hoof het dit so […]
Meer polisie, minder misdaad nê?
Uit die Wes-Kaap berig Kosmos 94.1 se Korrespondent Fritz Platt dat net minder as 200 addisionele polisie beamptes in Kaapstad ontplooi is om misdaad onder beheer te bring…
VSA gee weer hulp aan Palestina
Internasionale nuusagentskappe berig dat die Biden administrasie ‘n hulppakket van 150 miljoen Amerikaanse doller beskikbaar sal stel aan Palestina, wat die Amerikaanse bystand sal herstel nadat dit deur die voormalige president Donald Trump gestaak is. Die fondse sal deur die VN se hulp agentskap beskikbaar gestel word. Die verhouding tussen die VSA en Palestina het […]
Regeringsgeboue is nie streeksraad se verantwoordelikheid nie
Die Otjozondjupa Streeksraad word daarvan beskuldig dat regeringsgeboue in die streek nie onderhou word nie. Die geboue word aan streeksrade deur die Ministerie van Werke oorhandig wat dit volgens berigte in stand moet hou. Maar, die Inspekteur van Werke in die streek Sackaria Hatutale het aan nuusagentskappe gesê hulle is bewus van die aantygings maar […]
Min Covid-gevalle vandag
Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het 31 nuwe Covid-gevalle uit 752 toetse in die land bevestig. Karas het 14 gevalle, Khomas 8, Erongo 5 en Hardap 4. Daar is 3 leerders en 3 gesondheidswerkers onder die gevalle. Die hoeveelheid positiewe toetse staan tans op 4 persent wat ‘n baie goeie […]