VSA gee weer hulp aan Palestina

Internasionale nuusagentskappe berig dat die Biden administrasie ‘n hulppakket van 150 miljoen Amerikaanse doller beskikbaar sal stel aan Palestina, wat die Amerikaanse bystand sal herstel nadat dit deur die voormalige president Donald Trump gestaak is. Die fondse sal deur die VN se hulp agentskap beskikbaar gestel word. Die verhouding tussen die VSA en Palestina het verval tydens die Trump administrasie maar die huidige president, Joe Biden het onlangs gesê ekonomiese en humanitêre bystand sal hervat word.