Regeringsgeboue is nie streeksraad se verantwoordelikheid nie

Die Otjozondjupa Streeksraad word daarvan beskuldig dat regeringsgeboue in die streek nie onderhou word nie. Die geboue word aan streeksrade deur die Ministerie van Werke oorhandig wat dit volgens berigte in stand moet hou. Maar, die Inspekteur van Werke in die streek Sackaria Hatutale het aan nuusagentskappe gesê hulle is bewus van die aantygings maar dat die instandhouding van die geboue by die organisasies en ministeries wat dit beset, berus. Hatutale sê die regerings agentskappe is reeds in Februarie skriftelik daaraan herinner dat instandhoudings werk gedoen moet word. Die instandhouding van regerings infrastruktuur bly ‘n uitdaging regoor die land.