Min Covid-gevalle vandag

Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het 31 nuwe Covid-gevalle uit 752 toetse in die land bevestig. Karas het 14 gevalle, Khomas 8, Erongo 5 en Hardap 4. Daar is 3 leerders en 3 gesondheidswerkers onder die gevalle. Die hoeveelheid positiewe toetse staan tans op 4 persent wat ‘n baie goeie syfer is maar, daar is kommer oor ‘n toename in gevalle na die afgelope Paasnaweek.