Ons is nie bedreiging in parlement nie

Argumente in die dringende aansoek deur die Grondlose Mense Beweging om terug te keer na die Nasionale Vergadering sal Maandag aangehoor word. Bernadus Swartbooi het pas sy ondersteuners toegespreek en sy skok uitgespreek oor die stukke wat deur die Speaker Professor Peter Katjavivi voor die hof ingedien het.

Read More

Bom by Pakistan hotel waar Chinese ambassadeur tuis gaan

Owerhede het bevestig dat vier mense dood is ná ‘n motorbom-ontploffing by ‘n luukse hotel in Quetta in die suidweste van Pakistan. Die Chinese ambassadeur in die land het blykbaar in die hotel gewoon, maar is ongedeerd. Daar word berig dat die Balochistan provinsie, waarvan Quetta die hoofstad is, na aan die grens met Afghanistan […]

Read More

CRAN kan nie heffings invorder nie

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, bekend as CRAN, sê hy het 158 miljoen Namibiese doller verloor in heffings wat hy nie sedert 2018 kon invorder nie. Die inligting in vervat in die owerheid se 2020 jaarverslag. Die Hoof Uitvoerende Beampte Emilia Nghikembua sê die verlies van die inkomste het die owerheid in ‘n kwesbare […]

Read More

SA regering verwelkom ingryping in Mosambiek

Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van […]

Read More

China lei in terregstellings

Amnestie Internasionaal sê daar was 483 teregstellings in 18 lande in 2020, 26 persent minder as in 2019. Meeste van die teregstellings is in China, Iran, Egipte, Irak en Saoedi-Arabië aangeteken. Die regte organisasie sê dat China se data in die verband as geklassifiseer beskryf word en dus, kan daar nog duisende meer wees. Sestien […]

Read More

Toegang tot howe ‘n reg

Media in die noorde van die land sê hulle word gereeld toegang tot die landdroshof in Outapi geweier. Hulle het met die Hoofregter Peter Shivute, wat tans in die Oshana-streek saam met die Minister van Justisie Yvonne Dausab is, ontmoet. Die twee lê op die oomblik besoek af in die noorde van die land om […]

Read More

Whk-Ondangwa roete vaar uitstekend

Die Namibiese Lughawens Maatskappy sê verkeer by die Hosea Kutako Internasionale Lughawe is nie na wense nie maar, ander roetes soos Windhoek-Ondangwa verloop baie goed. Dan Kamati, Worodvoerder van die maatskappy…

Read More

Tevrede met bystand aan SA-burgers

Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van […]

Read More

EU wil AstraZeneca dagvaar

Die Europese Kommissie is op die oomblik besig om ‘n regsaansoek voor te berei teen AstraZeneca nadat die firma entstof verskaffing aan die kommissie gesny het. Daar was verskeie vertragings sedert die begin van die jaar. Volgens internasionale nuusagentskappe het EU-lande ‘n keuse of hulle deel van die saak wil wees. Die kommissie eis dat […]

Read More

SA skoolvoedingsprogram in minagting van hof

Die Suid-Afrikaanse regsentrum wat openbare belang verteenwoordig SECTION27, sê dit is onaanvaarbaar dat meer as 1 miljoen leerders steeds nie maaltye van die Nasionale Skoolvoedingsprogram ontvang nie, ondanks ‘n hofbevel wat hulle daartoe verplig. Volgens ‘n verslag van die Departement van Basiese Onderwys, het die program nog nie 100 persent van die leerders bereik wat […]

Read More