Toegang tot howe ‘n reg

Media in die noorde van die land sê hulle word gereeld toegang tot die landdroshof in Outapi geweier. Hulle het met die Hoofregter Peter Shivute, wat tans in die Oshana-streek saam met die Minister van Justisie Yvonne Dausab is, ontmoet. Die twee lê op die oomblik besoek af in die noorde van die land om hulle te vergewis van die stand van sake op grondvlak. Dausab het vroeër gesê dat vertragings as gevolg van die herhaalde uitstel van sake deel vorm van die uitdagings van die regbank. Shivute het dit duidelik gemaak dat nie die media of lede van die publiek weerhou mag word van openbare hofverrigtinge nie.