Bom by Pakistan hotel waar Chinese ambassadeur tuis gaan

Owerhede het bevestig dat vier mense dood is ná ‘n motorbom-ontploffing by ‘n luukse hotel in Quetta in die suidweste van Pakistan. Die Chinese ambassadeur in die land het blykbaar in die hotel gewoon, maar is ongedeerd. Daar word berig dat die Balochistan provinsie, waarvan Quetta die hoofstad is, na aan die grens met Afghanistan geleë is en beleef reeds dekades van opstand deur separatiste wat onafhanklikheid eis. Twaalf mense is in die ontploffing by die Serena Hotel beseer.