SA regering verwelkom ingryping in Mosambiek

Die waarnemende Minister in die Suid-Afrikaanse Presidensie, Khumbudzo Ntshavheni, sê die Suid-Afrikaanse regering verwelkom en is tevrede met die hulp wat aan burgers in Mosambiek verleen is tydens die onlangse terroriste-aanvalle in die noorde van die land. Duisende plaaslike mense is in die aanvalle ontwortel en ‘n aantal Suid-Afrikaners moes ontruim word. ‘n Man van KwaZulu-Natal is dood. Ntshavheni sê ‘n onlangse ontmoeting tussen leiers van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap was vrugbaar: