EU wil AstraZeneca dagvaar

Die Europese Kommissie is op die oomblik besig om ‘n regsaansoek voor te berei teen AstraZeneca nadat die firma entstof verskaffing aan die kommissie gesny het. Daar was verskeie vertragings sedert die begin van die jaar. Volgens internasionale nuusagentskappe het EU-lande ‘n keuse of hulle deel van die saak wil wees. Die kommissie eis dat die maatskappy sy verpligtinge vir entstof verskaffing teen die einde van die tweede kwartaal van die jaar nakom. Luidens berigte het meeste EU-lande reeds ingestem.