CRAN kan nie heffings invorder nie

Die Kommunikasie Regulerende Owerheid van Namibië, bekend as CRAN, sê hy het 158 miljoen Namibiese doller verloor in heffings wat hy nie sedert 2018 kon invorder nie. Die inligting in vervat in die owerheid se 2020 jaarverslag. Die Hoof Uitvoerende Beampte Emilia Nghikembua sê die verlies van die inkomste het die owerheid in ‘n kwesbare posisie geplaas omdat dit die hoof bron van inkomste is. Wysigings aan die Kommunikasie Wetsontwerp word op die oomblik uitgedaag in die Hoërhof en dus is die owerheid magteloos.