Pandemie het impak op persepsies oor werk
‘n Meningspeiling onder 32 500 werkers in 19 lande skets ‘n prentjie van ‘n globale werksmag wat die verskuiwing na werk van die huis af as slegs die oortjies van die seekoei beskou. Die opname deur Price Waterhouse Cooper het bevind dat die pandemie ‘n aantal neigings in die werksmag versnel het. In Suid-Afrika is […]
Kaapstad skeepsbou-bedryf op dreef
Die voltooiing van spog-vaartuie in Kaapstad wat ten spyte van die Covid-19 krisis in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig is, is ‘n belangrike mylpaal vir die land se skeepsbou-bedryf. Dit was die boodskap van Paramount Maritime Holdings se Uitvoerende Hoof, James Fisher, by die bekendstelling van hulle nuwe pronkstuk van 35 meter. Die veeldoelige vaartuig is […]
Parlement het sy werk gedoen
Die Nasionale Vergadering het skerp gereageer op berigte dat die voormalige Eerste Minister Nahas Angula sê geen staande komitees is in die parlement op die been gebring nie. Angula het die aanmerkings teenoor Kosmos 94.1 Nuus gemaak sowel as in ‘n opiniestuk wat in plaaslike koerante gepublieer is. Die Nasionale Vergadering se Woordvoerder David Nahogandja […]
Etiopië-moord: regering vra raad by Prokureur-Generaal
Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag in die parlement bevestig dat regsadvies in verband met Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, nou ingewin word. Dausab sê die Prokureur-Generaal is reeds genader. […]
/Ai-/Ais in Mei weer oop
Die /Ai-/Ais-oord van Namibia Wildlife Resorts sal op 1 Mei vanjaar heropen na dit in Januarie gesluit is as gevolg van erge vloedskade. Die werksaamhede is effe vertraag omdat die oord reeds in April sou oopgemaak het. Mufaro Nesongano, Woordvoerder van die NWR…
Gesondheidsdag herdenk
Dit is Wêreldgesondheidsdag. Hierdie wêreldwye gesondheid-bewustheidsdag word elke jaar op 7 April gevier om die Wêreldgesondheidsorganisasie se stigting te herdenk en mense bewus te maak van gesondheidsprobleme wat van internasionale belang is. Verslaggewer Maxine Greeff vertel meer:
Waarskuwing aan misdadigers
Misdaad, veral gewapende roof neem toe regoor die land en dwelmhandel raak ook algemeen. Owerhede meen dat ekonomiese druk wel daarnatoe bydra maar, hulle waarsku dat dit ‘n doodloopstraat is. Die Woordvoerder van die Namibiese Polisie Adjunk Kommissaris Kauna Shikwambi.
Britse variant in Angola
Nuusagentskappe in Angola het bevestig dat daar ten minste 64 gevalle van die Britse variant van Covid-19 in die land geïdentifiseer is. Die Angolese Minister van Gesondhied Silvia Lutucuta het aan media bevestig dat die groot meerderheid van die pasiënte nie enige reis geskiedenis het nie en dat daar dringende ingryping in die verband nodig […]
Anker se kinders moet terug Fransfontein toe
Die Namibiese Ministerie van Onderwys sê hy beplan om personeel en leerders van die Edward Garoëb Primêre Skool by Anker na Fransfontein te skuif as gevolg van die hoeveelheid skuddings wat die gebied ervaar. Meeste van die leerders is drie jaar verskuif maar is aan die begin van die jaar herroep. Na Sondag se aardbewing […]
Klagte van moord teen moeder eers laat vaar
Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, is vrygelaat nadat die klagte teen haar voorlopig laat vaar is. Volgens haar regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo was daar geen dokumentasie vir haar arrestasie nie en dus, kan ‘n […]