Kaapstad skeepsbou-bedryf op dreef

Die voltooiing van spog-vaartuie in Kaapstad wat ten spyte van die Covid-19 krisis in Suid-Afrika ontwerp en vervaardig is, is ‘n belangrike mylpaal vir die land se skeepsbou-bedryf. Dit was die boodskap van Paramount Maritime Holdings se Uitvoerende Hoof, James Fisher, by die bekendstelling van hulle nuwe pronkstuk van 35 meter. Die veeldoelige vaartuig is bestem vir die Golf van Guineë waar dit gebruik sal word vir internasionale opdragte wat met oliemaatskappye verband hou, asook om groter vaartuie te vergesel wat blootgestel is aan ‘n toename in seerower-aanvalle.