Parlement het sy werk gedoen

Die Nasionale Vergadering het skerp gereageer op berigte dat die voormalige Eerste Minister Nahas Angula sê geen staande komitees is in die parlement op die been gebring nie. Angula het die aanmerkings teenoor Kosmos 94.1 Nuus gemaak sowel as in ‘n opiniestuk wat in plaaslike koerante gepublieer is. Die Nasionale Vergadering se Woordvoerder David Nahogandja sê dis nonsens.