Britse variant in Angola

Nuusagentskappe in Angola het bevestig dat daar ten minste 64 gevalle van die Britse variant van Covid-19 in die land geïdentifiseer is. Die Angolese Minister van Gesondhied Silvia Lutucuta het aan media bevestig dat die groot meerderheid van die pasiënte nie enige reis geskiedenis het nie en dat daar dringende ingryping in die verband nodig is. Die gevalle is in die hoofstad Luanda bevestig. Medici in die land het skerp kritiek uitgespreek teenoor owerhede omdat te min toetse uitgevoer word. Die land het ‘n gemiddeld van 12800 toetse per miljoen inwoners. Namibië het 137 500 toetse per miljoen mense. Van die kenners meen daar is meer as ‘n miljoen gevalle van Covid in die land teenoor die bevestigde 22 885 wat owerhede aangemeld het. Daar is volgens amptelike berigte net 3 kritiese pasiënte in die land. Terwyl die syfers onduidelik is en daagliks verander, word daar berig dat daar meer as 7 000 Angolese migrante op die oomblik in die noorde van die land is na droogte toestande en voedseltekorte.