Pandemie het impak op persepsies oor werk

‘n Meningspeiling onder 32 500 werkers in 19 lande skets ‘n prentjie van ‘n globale werksmag wat die verskuiwing na werk van die huis af as slegs die oortjies van die seekoei beskou. Die opname deur Price Waterhouse Cooper het bevind dat die pandemie ‘n aantal neigings in die werksmag versnel het. In Suid-Afrika is 72 persent van werknemers bekommerd dat outomatisering baie werksgeleenthede in die weegskaal plaas. Agt-en-veertig-persent reken dat tradisionele werke in die toekoms nie beskikbaar gaan wees nie en 39 persent dink hulle werk sal binne vyf jaar verouderd wees.