Klagte van moord teen moeder eers laat vaar

Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, is vrygelaat nadat die klagte teen haar voorlopig laat vaar is. Volgens haar regsverteenwoordiger Kadhila Amoomo was daar geen dokumentasie vir haar arrestasie nie en dus, kan ‘n landdros nie ‘n beslissing daaroor maak nie. Terwyl sy diplomatieke immuniteit in Etiopië geniet is die vermeende moorde op Namibiese grond gepleeg. Die Namibiese regering het nie haar immuniteit in Etiopië laat vaar nie omdat die land steeds die doodstraf toepas. Sy is eerder gerepatrieer om plaaslike tereg te staan. Die Minister van Internasionale Betrekkinge Netumbo Nandi Ndaitwah het dit pas in die parlement so verwoord.