Etiopië-moord: regering vra raad by Prokureur-Generaal

Die Namibiese Minister van Justisie Yvonne Dausab het vanmiddag in die parlement bevestig dat regsadvies in verband met Kristofina Amutenya, die Namibiese vrou wat aangekla word van die moord van haar twee kinders in Etiopië verlede jaar, sowel as een klag van poging tot moord, nou ingewin word. Dausab sê die Prokureur-Generaal is reeds genader. Amutenya is vroeër vrygelaat nadat die klagte teen haar voorlopig laat vaar is. Terwyl sy diplomatieke immuniteit in Etiopië geniet is die vermeende moorde op Namibiese grond gepleeg. Die Namibiese regering het nie haar immuniteit in Etiopië laat vaar nie omdat die land steeds die doodstraf toepas. Sy is eerder gerepatrieer om plaaslike tereg te staan. Dausab