Carl Niehaus weet niks van planne om Suid-Afrika tot stilstand te bring nie
Die ANC se sogenaamde radikale ekonomiese transformasie-groep in Gauteng, onder leiding van Carl Niehaus, ontken dat hulle beplan om die buurland tot stilstand te bring. Berigte lui dat sommige lede van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane ontevrede is oor die tydperk van 30 dae wat die sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ander beskuldigdes van korrupsie ontvang […]
Mosambiekse weermag in skermutseling met militante groepe
Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne nadat die land se veiligheidsmagte bekendgemaak het dat ‘n beduidende getal Islamitiese-aanvallers in skermutselings met Mosambiekse magte dood is.Groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van die militante groepe sukkel nou om huisvesting,gesondheidsorg en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is […]
Swaar verkeer op hoofroetes van die land
Swaar verkeer word op die oomblik op van die hoofroetes in die land ervaar met mense wat terugkeer huistoe na die Paasnaweek.Die roetes van die kus en die noorde na die hoofstad is op die oomblik baie besig soos Shaun Naude van Marshall Rangers berig.Shaun Naude Maandag twee
Duisters neem glo baie honde aan oor Covid-19 inperking
Sedert die begin van die Covid-19-pandemie stroom Duitsers in rekordgetalle na troeteldierwinkels en diereskuilings in Duitsland om honde aan te neem. Volgens berigte hoop mense ‘n viervoetige vriend kan help om eensaamheid te verlig. Met skole in Duitsland wat vir die grootste deel van 2020 gesluit was, het ouers honde opgeraap as ‘n manier om […]
Winste op kriptobates dalk belasbaar
Suid-Afrikaanse belasting betalers moet volgens berigte uit die buurland bewus wees daarvan dat winste en opbrengste uit kriptogeldeenhede in Jan Taks se visier is. Kenners het bekendgemaak dat verskeie individue reeds ouditversoeke van die belastinggaarder in die buurland gekry het oor hulle beleggings in kriptobates.
Situasie in Palma in Mosambiek steeds gespanne
Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne en groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van miltante groepe sukkel nou om huisvesting en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is besig met hulp in die verband. Shelley Thakral van die program het met die media in Palma oor […]
Minister van verdediging na staatshuis ontbied oor sy Hong Kong rekening
Die Namibiese Minister van Verdediging,Peter Vilho, vergader waarskynlik môre met president Hage Geingob by staatshuis oor die bewerings oor sy beleggingsrekening in Hong Kong.Dit volg na berigte dat die Aanklaer-Generaal Martha Imalwa bevestig het dat daar ‘n ondersoek gelas is oor die rekening wat deur Vilho besit word. Vilho het glo nie sy belegging in […]
Prins Hamzah bin Hussain van Jordanië reageer op sy huisarres
Die regering van Jordanië het koning Abdullah se halfbroer,prins Hamzah bin Hussain onder huisarres geplaas en beskuldig hom daarvan dat hy die land destabiliseer. Die prins beskuldig egter die regering van die land van korrupsie en onbevoegdheid. Sy prokureur het die stemgreep van die prins aan die media gelek. Hamzah bin Hussain Maandag
Lesufi ontken geheime vergadering oor tenders
Gauteng se LUR vir Onderwys, Panyaza Lesufi, verwerp berigte dat hy ‘n sogenaamde geheime vergadering gereël het om departementele tenders te bespreek. Die LUR se woordvoerder, Steve Mabona, sê Lesufi het in Mei verlede jaar ‘n gemeenskapsvergadering toegespreek nadat ‘n skool in Soshanguve se krag vir maande af was. Plaaslike kontrakteurs het die herstelwerk gestaak […]
Proteas doen dit teen Pakistan
Krieket: ‘n Briljante 193 deur Pakistan se openingskolwer, Fakhar Zaman kon nié vir sy span ‘n oorwinning besorg in gister se tweede een-dag-wedstryd teen die Proteas op die Wanderers nie. Suid-Afrika het aanvanklik onaanvegbaar gelyk nadat hulle 341 vir die verlies van ses aangeteken het, met die kaptein, Temba Bavuma, op 92 van 102 balle. […]