Duisters neem glo baie honde aan oor Covid-19 inperking

Sedert die begin van die Covid-19-pandemie stroom Duitsers in rekordgetalle na troeteldierwinkels en diereskuilings in Duitsland om honde aan te neem. Volgens berigte hoop mense ‘n viervoetige vriend kan help om eensaamheid te verlig. Met skole in Duitsland wat vir die grootste deel van 2020 gesluit was, het ouers honde opgeraap as ‘n manier om hul kinders te vermaak. Die Duitse dierebeskermingsvereniging sê die vraag na troeteldiere neem steeds toe.