Curro maak privaat universiteit in 2023 in Whk oop - December 24, 2021

Curro Namibië, ‘n plaaslike maatskappy onder Curro Holdings wat in Suid-Afrika op die Johannesburgse effektebeurs gelys is, sê hy gaan voort met sy planne om ‘n privaat universiteit in Namibië te stig wat in 2023 die eerste inskrywings sal ontvang. Die universiteit sal volgens berigte in samewerking met die Universiteit van Stellenbosch ‘n landbou fakulteit […]

Read More

Covid: vermindering van risiko is enigste manier, sê SA - December 24, 2021

Die Suid-Afrikaanse departement van gesondheid sê die strategie van vermindering van risiko is die enigste lewensvatbare manier om die oordrag van Covid-19 te bekamp, veral wat die nuwe Omikron-variant betref. Dit volg te midde van die departement se onmiddellike opskorting van kontak-opsporing en kwarantyn, behalwe in gevalle waar mense die siekte by ‘n byeenkoms of […]

Read More

Chinese amptenare aangekla vir Covid-verspreiding - December 24, 2021

Dosyne Chinese amptenare is gestraf nadat die Covid-19-virus in die ingeperkte stad Xi’an versprei het. Die land is met die oog op die Winter Olimpiese Spele in Februarie in die hoofstad Beijing op ‘n hoë vlak van gereedheid vir nuwe infeksies. Die Sentrale Kommissie vir Dissipline-inspeksie sê 26 amptenare van die Kommunistiese Party is gestraf […]

Read More

Coldplay: laaste album in 2025 - December 24, 2021

Die veelbekroonde Britse groep Coldplay het aangekondig dat hulle hul laaste album in 2025 wil opneem. Die groep se medestigter en hoofsanger, Chris Martin, sê die groep beplan ‘n eko-vriendelike wêreldtoer vir volgende jaar waartydens die konsertgangers die krag vir die vertoning sal opwek met behulp van kinetiese vloere en fietse. Coldplay is in 1997 […]

Read More

Geingob twiet Kersboodskap van omgee en deel voor hy plaas toe gaan - December 24, 2021

President Hage Geingob het Namibiërs ‘n geseënde Kersfees toegewens en bygevoeg dat dit ‘n tydperk is van deel, empatie, liefde en omgee. Op sy Twitter-platform het hy lede van die publiek gevra om Covid-maatreëls na te kom en om die Covid-inenting te neem. Hy het ook gevra dat almal die padreëls nakom en veilig by […]

Read More

Die Okahandja-brand woed steeds - December 24, 2021

Die brand wat reeds verlede naweek vermoedelik by die regeringsplaas Rudenau net wes van Okahandja ontstaan het, is tans in die gebied van Rock Lodge en plase net noordwes van Okahandja. Die vuur veroorsaak op die oomblik swak sigbaarheid op die B2-roete na die kus. Boere in die Okahandja-omgewing bestry reeds ‘n week lank die […]

Read More

Hoë pryse, krimpflasie, teister Nigeriërs - December 24, 2021

Internasionale nuusagentskappe berig dat verbruikers in Nigerië gebuk gaan onder prysverhogings van tot 25 persent. Die land ervaar, nes Namibië, krimpflasie, waar minder van dieselfde produk dieselfde as die vorige hoeveelheid kos. Die stygende pryse het ook kleremakers en ander besighede genoodsaak om hulle pryse op te stoot om op te maak vir die duurder […]

Read More

N$300 000 vir ‘varklike’ skildery… - December 24, 2021

Suid-Afrika se bekende skilder-vark, Pigcasso, het die geskiedenisboeke gehaal nadat ‘n Duitse belegger sy kleurryke skildery, Wild and Free, vir meer as 300 000 Namibiese dollar gekoop het. Pigcasso, ‘n vark van die Wes-Kaap wat bekend is vir sy kuns, word by die Farm Sanctuary South Africa versorg nadat die stigter van dié plek van […]

Read More

J&J goedgekeur vir versterking in SA - December 24, 2021

Die Suid-Afrikaanse Reguleringsowerheid vir Gesondheidsprodukte het ‘n tweede dosis van Johnson en Johnson se Covid-19-entstof goedgekeur. Die versterkingsdosis is van vandag af beskikbaar. ‘n Woordvoerder van die reguleringsowerheid sê die versterkingsinenting sal toegedien word aan enigeen wat hul laaste dosis ten minste twee maande vantevore gehad het:

Read More

Vrou veg vir haar lewe nadat sy vanaf brug in Whk spring - December 24, 2021

‘n Vrou veg op die oomblik vir haar lewe nadat sy rondom tien-uur vanoggend van die Florence Nightingale-brug in die hoofstad by die Westelike Verbypad gespring het. Volgens die Namibia Marshall Rangers is al die nooddienste op die toneel en dit is nie bekend wat die omvang van haar beserings is nie. Sean Naude, stigter […]

Read More