Carl Niehaus weet niks van planne om Suid-Afrika tot stilstand te bring nie

Die ANC se sogenaamde radikale ekonomiese transformasie-groep in Gauteng, onder leiding van Carl Niehaus, ontken dat hulle beplan om die buurland tot stilstand te bring. Berigte lui dat sommige lede van die Umkhonto weSizwe Militêre Veterane ontevrede is oor die tydperk van 30 dae wat die sekretaris-generaal, Ace Magashule, en ander beskuldigdes van korrupsie ontvang het om te bedank. Indien nie, sal hulle afgedank word. Niehaus ontken die bewerings van betogings as vals nuus en sê mense wat die nuus versprei, wil verdeeldheid en faksionalisme in die ANC skep