Situasie in Palma in Mosambiek steeds gespanne

Die situasie in Palma in die noorde van Mosambiek bly gespanne en groot getalle mense wat uit hulle huise gevlug het na aanvalle van miltante groepe sukkel nou om huisvesting en kos te kry. Die Wêreldvoedselprogram is besig met hulp in die verband. Shelley Thakral van die program het met die media in Palma oor die situasie op grondvlak gepraat.