Proteas doen dit teen Pakistan

Krieket: ‘n Briljante 193 deur Pakistan se openingskolwer, Fakhar Zaman kon nié vir sy span ‘n oorwinning besorg in gister se tweede een-dag-wedstryd teen die Proteas op die Wanderers nie. Suid-Afrika het aanvanklik onaanvegbaar gelyk nadat hulle 341 vir die verlies van ses aangeteken het, met die kaptein, Temba Bavuma, op 92 van 102 balle. Die wedstryd sal onthou word vir die manier waarop Zaman in die laaste boulbeurt uitgehardloop is, met sy telling op 193, waarna Pakistan nog 17 lopies gekort het. Anrich Nortjé het drie paaltjies vir 63 geneem. Die beslissende wedstryd vind Woensdag in Centurion plaas.