Iran blameer Israel

Iranse owerhede het die blaam op Israel geplaas vir ‘n kragonderbreking by die Natanz kernkragaanleg. Die land sê dit was sabotasie en dat die betrokke persoon reeds geïdentifiseer is. Die Nour nuusagentskap sê stappe is reeds geneem om ‘n arrestasie uit te voer sonder om enige verdere inligting te verskaf. Iran en Israel is reeds […]

Read More

Kaapstad eise miljoene by betogers

Die Stad Kaapstad gaan voort met ‘n siviele eis van 1,3 miljoen Namibiese doller teen die groep, Gatvol Capetonian. Hulle het ook ‘n aparte eis van 87 000 doller teen die EFF ingedien. Die Stad sê die saak teen Gatvol Capetonian hou verband met ‘n voorval in 2019 toe hulle paaie versper het. Die Stad […]

Read More

Ondersoek na 2 sterftes in Botswana na inenting

Owerhede in Botswana ondersoek op die oomblik twee sterfgevalle nadat inentings met die AstraZeneca entstof wat in Suid-Korea vervaardig word, plaasgevind het. Die entstof is deur die Covax-fasiliteit bekom. Die buurland se regering sê ongeveer 31 000 dosisse is reeds toegedien. Dit is die enigste entstof wat die land benut. Internasionale nuusagentskappe sê gesondheidsowerhede het […]

Read More

Fenata vergader Donderdag

Die Federasie van Namibiese Toerisme Verenigings bekend as Fenata, sal Donderdag sy Nasionale Toerisme Dialoog-dag hou. Kwessies wat die bedryf raak sal bespreek word. Nrupesh Soni, die Stigter van die Namibiese Reis en Toerisme Forum sal die gesprek bywoon….

Read More

Vlugtelinge het hulle eie Olimpiese span

Die VN se vlugteling agentskap het weer die jaar ‘n Olimpiese span wat uit vlugtelinge bestaan en in Tokio sal meeding. Die eerste span van so ‘n aard het reeds in 2016 aan die Spele deelgeneem. Kenners meen dit bied groot ontvlugting vir mense wat ontwortel is deur geweld en ander rampe. Die Namibiese Minister […]

Read More

Blade-hulle gekant teen parool vir Walus

Die Hoofsekretaris van die SAKP in Suid-Afrika, Blade Nzimande, sê hulle is steeds sterk gekant teen die vrylating van die veroordeelde moordenaar, Janusz Walus, en geëis dat die waarheid agter Chris Hani se sluipmoord ontbloot moet word:

Read More

Steve Booys hoor môre van borg

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal môre hoor of sy borgaansoek susksesvol was of nie. Booys word aangekla van bloedskande en verkragting. Hy het getuig dat hy onskuldig sal pleit op die aanklagte teen hom. Booys het sy eerste verskyning op 3 Februarie gemaak en is op Seeis aangehou nadat sy regsverteenwoordiger […]

Read More

Rand versterk goed, ekonome reageer

Reaksie is ontvang op die versterking van die Suid-Afrikaans erand. Ekonome in die buurland sê die mark is optimisties, gerugsteun deur vordering met die korona-virus entstof en optimisme oor wêreldwye ekonomiese groei. Cheryl Emvula ‘n ekonoom by Cirrus in Windhoek het dit so verwoord…

Read More

Bank sê Woensdag oor die repokoers

Die jongste bank terugkoopkoers sal Woensdag deur die Goewerneur van die Bank van Namibië, Johannes !Gawaxab, bekend gemaak word. Op die oomblik is die repokoers 3,75 persent. Salomo Hei, High Economic Intelligence Investment se Hoof van Navorsing sê dit sal onderanderd gelaat word. Hy verduidelik…

Read More

Sacky en James betrap met selfone

Dit is nie bekend hoe die voormalige Minister van Justisie Sacky Shanghala en sy mede-beskuldigde James Hatuikulipi toegang tot selfone gekry het nie. Die twee is onlangs met die fone betrap. Volgens Kommissaris Sam Shalulange is dit moeilik om op te spoor maar, die ondersoek duur voort.

Read More