Ondersoek na 2 sterftes in Botswana na inenting

Owerhede in Botswana ondersoek op die oomblik twee sterfgevalle nadat inentings met die AstraZeneca entstof wat in Suid-Korea vervaardig word, plaasgevind het. Die entstof is deur die Covax-fasiliteit bekom. Die buurland se regering sê ongeveer 31 000 dosisse is reeds toegedien. Dit is die enigste entstof wat die land benut. Internasionale nuusagentskappe sê gesondheidsowerhede het nie gesê waaraan die persone oorlede is nie. In Europa was daar tot dusver 169 gevalle van bloedklonte uit 34 miljoen dosisse van die entstof en meeste gevalle was vroue onder die ouderdom van 60. Botswana se owerhede sal ondersoek instel om te bevestig of daar enige verbintenis is met die entstof.