Steve Booys hoor môre van borg

Die omstrede voormalige Okahandja Streeksraadslid Steve ‘Biko’ Booys, sal môre hoor of sy borgaansoek susksesvol was of nie. Booys word aangekla van bloedskande en verkragting. Hy het getuig dat hy onskuldig sal pleit op die aanklagte teen hom. Booys het sy eerste verskyning op 3 Februarie gemaak en is op Seeis aangehou nadat sy regsverteenwoordiger gesê het daar is groot kommer oor die aanhoudingselle in Okahandja omdat hy nie veilig sal wees nie. Hy het verskeie dae in die landdroshof op die dorp getuig tydens die aansoek en daar is ook verdoemende teksboodskappe wat hy volgens berigte aan die vermeende slagoffer na die insident gestuur het. Booys se termyn as streeksraadslid vir Okahandja was baie omstrede met talle protesaksies wat teen hom gehou is.