Sacky en James betrap met selfone

Dit is nie bekend hoe die voormalige Minister van Justisie Sacky Shanghala en sy mede-beskuldigde James Hatuikulipi toegang tot selfone gekry het nie. Die twee is onlangs met die fone betrap. Volgens Kommissaris Sam Shalulange is dit moeilik om op te spoor maar, die ondersoek duur voort.