Kaapstad eise miljoene by betogers

Die Stad Kaapstad gaan voort met ‘n siviele eis van 1,3 miljoen Namibiese doller teen die groep, Gatvol Capetonian. Hulle het ook ‘n aparte eis van 87 000 doller teen die EFF ingedien. Die Stad sê die saak teen Gatvol Capetonian hou verband met ‘n voorval in 2019 toe hulle paaie versper het. Die Stad se Woordvoerder, Greg Wagner, sê die saak teen die EFF spruit voort uit skade aan infrastruktuur wat in November tydens betogings in Brackenfell aangerig is. Wagner sê burgemeester Dan Plato het ‘n beroep gedoen vir almal se regte om gerespekteer te word: