Iran blameer Israel

Iranse owerhede het die blaam op Israel geplaas vir ‘n kragonderbreking by die Natanz kernkragaanleg. Die land sê dit was sabotasie en dat die betrokke persoon reeds geïdentifiseer is. Die Nour nuusagentskap sê stappe is reeds geneem om ‘n arrestasie uit te voer sonder om enige verdere inligting te verskaf. Iran en Israel is reeds jare lank vyandig teenoor mekaar en op die oomblik probeer die Amerikaanse President Joe Biden die 2015 kernkragooreenkoms weer op dreef bring nadat die voormalige president Donald Trump die verdrag verlaat het.