35% van ANC se senior bestuurders onbevoeg

Die Suid-Afrikaanse Minister van Staatsdiens en Administrasie, Senzo Mchunu, het onthul byna 35 persent van senior bestuurders in nasionale en provinsiale departemente het nie die vereiste kwalifikasies vir die pos wat hulle beklee nie. Hy het op ‘n vraag in die parlement geantwoord 3 301 van die 9 477 senior bestuurders op die regering se […]

Read More

Ministerie van Arbeid bevestig D&M plasings

Die Namibiese Ministerie van Arbeid het bevestig dat D&M Rail alle vakante poste deur hom gevul het. Luidens ‘n verklaring deur die ministerie se Uitvoerende Direkteur Bro-Mathew Shinguadja, is 45 werksoekers suksesvol by die maatskappy geplaas vir sy jongste projek. Daar was vroeër betogings met werkers wat gesê het onwettige prosedure is gevolg om werksoekers […]

Read More

Afrika kan entstof vervaardig, en versprei

Die Suid-Afrikaanse President, Cyril Ramaphosa sê Afrika-lande beskik oor die nodige tegnologie, vaardighede en kennis om hul eie volskaalse inenting produksie-fasiliteitete bou. Hy sê die Covid-19 pandemie het Afrika-lande ‘n verskeidenheid geleenthede gebied, om nou beduidende verandering in hul gesondheids-sorg stelsels mee te bring. Kosmos 94.1 se Kaapse Korrespondent Fritz Platt het die storie…

Read More

Polio-spuit 65 jaar oud

Miljoene lewens wêreldwyd is gered sedert die polio-entstof presies 65 jaar gelede veilig en doeltreffend vir menslike gebruik verklaar is. Op hierdie dag in 1955, is die entstof, wat deur ‘n span wetenskaplikes onder leiding van Jonas Salk aan die Universiteit van Pittsburgh in die VSA ontwikkel is, goedgekeur vir massa-inenting in die land. Die […]

Read More

Damme lyk goed, Hardap verloor weer 1,9m kubiek

Waterbronne in die sentrale gebied is tans op 91,3 persent en die stand van die sentrale damme lyk baie positief. Yanna Smith het die besonderhede oor die jongste dam bulletin soos verskaf deur NamWater….

Read More

Capricorn en Capacity lei leerders op

Die Capricorn Groep, in samewerking met die Capacity Trust het leerders van 16 skole toegerus met leierskap vaardighede tydens ‘n werkswinkel wat oor 3 dae gehou is. Die leerders het bestuur, kommunikasie, die hantering van konflik en meer hanteer. Psigometriese toetse is ook uitgevoer. Volgens Capricorn se Uitvoerende Beampte vir Korporatiewe Aangeleenthede Marlize Horn, kan […]

Read More

Major kry opleiding om op te hou byt

Major, President Joe Biden se hond, sal binnekort vir ‘n paar weke spesiale opleiding ontvang nadat hy twee personeellede by die Withuis gebyt het. Volgens Michael LaRosa, Woordvoerder van die Presidentsvrou Jill Biden sal Major se opleiding nie by die Withuis plaasvind nie maar dit sal in Washington wees. Major is die jongste van twee […]

Read More

120 leerders onder nuwe Covid-gevalle

Daar is 260 nuwe gevalle van Covid in Namibië bevestig. ‘n Totaal van 120 gevalle is leerders waarvan die meerderheid by die Rehoboth Hoërskool bevestig is. Rehoboth het 95 gevalle aangemeld. Die Uitvoerende Direkteur in die Ministerie van Gesondheid Ben Nangombe het die besonderhede…

Read More

NUST gaan Eenhana-kampus stig

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sê planne om ‘n satelliet kampus by Eenhana in die Ohangwena-streek te stig, is ver gevorderd. Die kampus sal ‘n verskeidenheid kursusse aanbied maar met ‘n klem op natuurwetenskappe, bestuursprogramme en ambagsopleiding. Daar is ‘n daadwerklike tekort aan instansies van hoër onderwys in die gebied. Die Minister van […]

Read More

En nou is dit tyd vir die winter

Die somerreën is verby en die winter is op pad. Maar, daar is steeds goeie nuus omdat dit wil voorkom asof volgende jaar ook ‘n goeie seisoen kan oplewer. Johan van den Berg, ‘n onafhanklike Meteoroloog in Suid-Afrika…

Read More