Capricorn en Capacity lei leerders op

Die Capricorn Groep, in samewerking met die Capacity Trust het leerders van 16 skole toegerus met leierskap vaardighede tydens ‘n werkswinkel wat oor 3 dae gehou is. Die leerders het bestuur, kommunikasie, die hantering van konflik en meer hanteer. Psigometriese toetse is ook uitgevoer. Volgens Capricorn se Uitvoerende Beampte vir Korporatiewe Aangeleenthede Marlize Horn, kan staatskole nie die toetse bekostig nie en dit was ‘n groot hupstoot vir die leerders.