Major kry opleiding om op te hou byt

Major, President Joe Biden se hond, sal binnekort vir ‘n paar weke spesiale opleiding ontvang nadat hy twee personeellede by die Withuis gebyt het. Volgens Michael LaRosa, Woordvoerder van die Presidentsvrou Jill Biden sal Major se opleiding nie by die Withuis plaasvind nie maar dit sal in Washington wees. Major is die jongste van twee Duitse Herdershonde wat die Bidens aangeneem het. Major het na wat berig word net gehap na die personeellede. Luidens berigte sukkel Major om by die Withuis-kompleks aan te pas omdat dit baie groot is en daar talle personeel rondbeweeg.