NUST gaan Eenhana-kampus stig

Die Namibiese Universiteit van Wetenskap en Tegnologie sê planne om ‘n satelliet kampus by Eenhana in die Ohangwena-streek te stig, is ver gevorderd. Die kampus sal ‘n verskeidenheid kursusse aanbied maar met ‘n klem op natuurwetenskappe, bestuursprogramme en ambagsopleiding. Daar is ‘n daadwerklike tekort aan instansies van hoër onderwys in die gebied. Die Minister van Hoër Onderwys Dr Itah Kandjii-Murangi sê dit is van kritiese belang dat NUST sy dienste desentraliseer. Die voormalige president, Hifikepunye Pohamba sal die Beskermheer van die kampus wees. Die volgende stap is konsultasies met belanghebbendes om ondersteuning vir die projek te bekom en dit sal in twee fases uitgerol word, kursusse en infrastruktuur ontwikkeling.