Verwagtinge oor Staatsrede
President Hage Geingob sal Donderdag middag om half-3 sy Staatsrede lewer. Die Nasionale Vergadering het die aankondiging gemaak. Die plaaslike Politieke Analis Dr Ndumba Kamwanyah het sy verwagtinge so verwoord.
Betoging oor ‘haatmisdaad’
Die Suid-Afrikaanse menseregtegroep Gay en Lesbiese Alliansie van Suid-Afrika beplan vanoggend ‘n plakkaatbetoging buite die Distrikshof in Kariega, voorheen Uitenhage, voor die hofverskyning van ‘n man wat van die moord en verminking van Andile Ntuthela aangekla word. Ntuthela is na bewering die naweek in die buurland in ‘n haatmisdaad vermoor omdat hy gay was. Daar […]
Nuska is in Namibië sedert 2008 geregistreer
Meer besonderhede is bekend in die aantygings wat die leier van die Regstellende Herposisionering Beweging, Job Amupanda teen Namdia gemaak het. Amupanda beweer die maatskappy Nuska Tegnologie is aangestel om diamant waardasies vir Namdia te doen, terwyl C-Sixty Beleggings volgens hom reeds daarvoor betaal word. Volgens Amupanda is dit ‘n Israelse maatskappy maar, Nuska Tegnologie […]
Jemen het dringend bystand nodig
Die Verenigde Nasies se Vlugtelinge-agentskap sê Jemen ervaar die wêreld se ergste humanitêre katastrofe wat vererger word deur die Covid-19 pandemie en onlangs ook swaar reën wat kitsvloede veroorsaak het. Sowat 24 miljoen mense in die land het steeds bystand nodig. Die agentskap se Goedgunstigheidsambassadeur, Cate Blanchett, sê erge wanvoeding, armoede, volgehoue konflik en gebrek […]
Namdia sal later oor Nuska sê
Die leier van die Regstellende Herposionering Beweging Job Amupanda het verdoemende dokumente in verband met die Namibiese diamant handel maatskappy Namdia pas bekend gemaak. Luidens dokumente het ‘n Israelse maatskappy Nuska Tegnologie ‘n faktuur van net minder as 3,4 miljoen Namibiese doller aan Namdia gestuur vir waardasies op ‘n groot getal diamante. Dit, volgens Amupanda, […]
Karas-produsente moet by AMTA aansluit
Die Besturende Direkteur van die Landbou Bemarking en Handel-agentskap, bekend as AMTA, Lucas Lungameni het boere in die Karas-streek gevra om by die agentskap te registreer en sodoende hulle produkte deur AMTA te verkoop. Lungameni sê dit sal die verkoop van hulle produkte vergemaklik en ook boere bystaan oor aanvraag in die mark. Boere in […]
Malusi se eks-vrou getuig later
Die vervreemde vrou van die gewese Suid-Afrikaanse Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, gaan na verwagting later vandag opspraakwekkende getuienis lewer voor die staatskapingskommissie. Norma Mngoma se verskyning volg nadat Gigaba misluk het met pogings om haar getuienis ontoelaatbaar te laat verklaar, of haar agter geslote deure te laat getuig. Sy het in die verlede […]
Eskom verkoop onderbenutte bates
Eskom het twee geboue in die land aan die Departement Menslike Nedersettings, Water en Sanitasie verkoop om universiteit-studente se behuisings-behoeftes te probeer verlig en ook vir maatskaplike behuising voorsiening te maak. Woordvoerder Sikonathi Mantshantsha sê die verkoop van die twee hoë geboue in Kimberley en Johannesburg het 76,1 miljoen Namibiese doller vir Eskom verseker. Mantshantsha […]
Wright skietdood – dit kon nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie
Die Burgemeester van die Amerikaanse stad Brooklyn Center, Mike Elliott, het beloof om alles in sy vermoë te doen om geregtigheid vir Daunte Wright te verseker. Die polisie het hom in Minnesota doodgeskiet toe hulle sy voertuig afgetrek het. Polisiehoof Tim Gannon sê die betrokke geregsdienaar het per ongeluk haar vuurwapen uitgehaal in plaas van […]
Sprinkane in Oshikoto onder beheer
Groot swerms sprinkane het hulle verskyning in die noorde van die land gemaak en daar is kommer in die Ohangwena-streek. Die Ministerie van Landbou het daadwerklike aksie geneem en onmiddellik begin met plaagbeheer. Die Hoof Landbou Beampte vir die Oshikoto-streek Joshua Mwanyengapo het die jongste so deurgegee aan Kosmos 94.1 Nuus.