Wright skietdood – dit kon nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie

Die Burgemeester van die Amerikaanse stad Brooklyn Center, Mike Elliott, het beloof om alles in sy vermoë te doen om geregtigheid vir Daunte Wright te verseker. Die polisie het hom in Minnesota doodgeskiet toe hulle sy voertuig afgetrek het. Polisiehoof Tim Gannon sê die betrokke geregsdienaar het per ongeluk haar vuurwapen uitgehaal in plaas van haar skoktoestel. Die beampte, wat as Kim Potter geïdentifiseer is, is op administratiewe verlof geplaas. Elliott erken dit kon nie op ‘n slegter tyd gebeur het nie: