Jemen het dringend bystand nodig

Die Verenigde Nasies se Vlugtelinge-agentskap sê Jemen ervaar die wêreld se ergste humanitêre katastrofe wat vererger word deur die Covid-19 pandemie en onlangs ook swaar reën wat kitsvloede veroorsaak het. Sowat 24 miljoen mense in die land het steeds bystand nodig. Die agentskap se Goedgunstigheidsambassadeur, Cate Blanchett, sê erge wanvoeding, armoede, volgehoue konflik en gebrek aan humanitêre toegang het verwoestende gevolge vir gesinne wat moes vlug. Sy sê die nood in Jemen het onmiddellike optrede nodig: