Malusi se eks-vrou getuig later

Die vervreemde vrou van die gewese Suid-Afrikaanse Minister van Binnelandse Sake, Malusi Gigaba, gaan na verwagting later vandag opspraakwekkende getuienis lewer voor die staatskapingskommissie. Norma Mngoma se verskyning volg nadat Gigaba misluk het met pogings om haar getuienis ontoelaatbaar te laat verklaar, of haar agter geslote deure te laat getuig. Sy het in die verlede verwys na sy beweerde onbehoorlike vriendskap met die omstrede Gupta-familie. Mngoma het verlede jaar in ‘n onderhoud met media beweer dat Gigaba sakke vol geld van die Guptas gekry het.